Gesoute SA vou in 13 minute

2010-09-07 22:12

Kim Jong-Hee van Korea vlieg oor die Suid-Afrikaanse doelwagter, Mariëtte Rix, in Maandagaand se wedstryd in Rosario, Argentinië. Foto: Andres Stapff, Reuters

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG

Die kern van Suid-Afrika se vroue-hokkiespan speel al langer as ’n halwe dekade lank saam.

In die groep van 20 vroue wat tans in Argentinië is vir die Wêreldbeker-toernooi, is 6 wat meer as 100 toetse op hul kerfstok het en nog 6 met meer as 50.

En tog het die nasionale kaptein, Mar­sha Marescia, dit Maandagaand goedgedink om ’n monumentale ineenstorting in die laaste 13 minute van Suid-Afrika se Wêreldbeker-wedstryd teen Korea aan ’n gebrek aan ervaring toe te skryf.

Al het hulle Maandag in Rosario ’n nederlaag uit die kake van ’n triomf gegryp, sal dié Suid-Afrikaners aanstaande week terugkeer na hul geboorteland en vertel dat hulle goed gedoen het, omdat hulle verseker is van hul beste Wêreldbeker-posisie in 12 jaar.

Asof hul ondersteuners nie mag omgee nie dat hulle vir 52 minute gewys het dat hulle die talent en gesamentlike vermoë het om saam te praat met die groot honde van wêreldhokkie, net om dit binne 15 minute met swak konsentrasie en ongedissplineerdheid ongedaan te maak.

Korea het Suid-Afrika Maandagaand met 5-3 tot sy vierde nederlaag in vyf wedstryde verdoem danksy ’n blitzkrieg van vier doele in die laaste 15 minute van die wedstryd.

Die Suid-Afrikaners het hul voet van die pedaal gehaal nadat Cindy Botha haar tweede doel van die wedstryd – en Suid-Afrika se derde – in die 52ste minuut aangeteken het, en het nooit gelyk of hulle die lus of die vermoë het om sake te beredder nie.

Dit ondanks die feit dat hulle vir 52 minute gate deur die Koreaanse verdediging gehardloop het en op die verdediging antwoorde op al die vrae gehad het.

Sommige rolspelers sal skuil agter die feit dat twee van Korea se doele nooit toegeken moes gewees het nie.

Dis waar, maar so ’n verskoning gaan min help wanneer besluit moet word wat die beste pad vorentoe vir hierdie span is.

Ná jare van min sukses met dieselfde groep spelers, raak dit nou tyd om die kern van die probleem te takel.

Die SA afrigter, Giles Bonnet, het net drie maande gelede oorgeneem en tot sy krediet is hy vasbeslote om ’n verskil te maak.

Dié proses is reeds in werking en het sekerlik ’n groot rol gespeel in die vuur waarmee die Proteas aanvanklik gespeel het.

Maar Bonnet moes erken dat drie goeie kwarte nie genoeg is as jou span nie vir ’n volle wedstryd op alle silinders kan vuur nie.

Die Proteas kom nou Vrydagaand teen Nieu-Seeland te staan in die uitspeelwedstryd om die negende plek, danksy hul enkele oorwinning verlede week oor Spanje.

Hulle is dus reeds verseker van ’n verbetering op hul 12de plek in die vorige Wêreldbeker-toernooi.

Maar hulle moes meer gehad het om oor te juig.

 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.