Koos Doep moet Burger in Londen kry

2012-01-31 21:53

Burger Lambrechts

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PRETORIA. – Burger Lambrechts se passie vir die Olimpiese Spele is so groot dat hy een van Koos du Plessis se treffers omskryf het in ’n ode om homself te motiveer om nog een laaste keer vir die Spele te probeer kwalifiseer.

Die 39-jarige voormalige Statebondspele-kampioen en die huidige Afrika-kampioen het Du Plessis se “Skielik is jy vry” tong in die kies aangepas om te beklemtoon dat ’n gooier se vreugde in die sport self moet lê.

“Ons gooiers moet nooit deelneem net omdat ons hoop iemand maak dalk ’n ophef van ons nie.

“Die werklikheid is dat hardlopers altyd meer aandag as ons lelike, vet ouens sal kry,” spot hy.

Sy verwerking van Du Plessis se treffer lees soos volg:

“ As niemand van jou hoor nie, as niemand van jou weet nie ... Dan ken hul nie jou sport, weet nie wie gooiers heet nie.
“Maar dis tog so eenvoudig, jy slaan net op en deur; en die groter afstand sal vanself gebeur; Die nuus moet jou nie traak nie, net die groot gooi bly; Die koerant maak tog nie saak nie, die afstand maak jou vry.”

Lambrechts erken ruiterlik dat dit ’n grootse poging van sy ou lyf sal verg om vir ’n derde keer te kwalifiseer om Suid-Afrika op ’n Spele te verteenwoordig.

“Gedurende my oefensessies stoot ek 19 m. Dit is 1.50 m kort van die Olimpiese kwalifiserende A-vereiste, maar ek gaan my alles gee.

“Net dalk kry ek dit tog reg.”

Lambrechts beantwoord die vraag oor waarom hy hom vir oulaas so wil straf met twee woorde: “Olimpiese Spele.

“Vir my is daar waarskynlik geen groter simbool van die menslike strewe na uitnemendheid as die Spele nie.

“Dit is die verhoog waarop atlete die kans kry om jare se toewyding en opofferings in ’n kunsvorm te omskep.

“Ek het ná skool die geleentheid gehad om ernstig te begin rugby speel, maar ek het atletiek gekies en ek is nie vir ’n oomblik spyt nie.

“Atletiek is baie regverdiger wanneer dit by die kies van spanne kom.

“?’n Rugbyspeler wat 39 jaar oud is, het geen kans om vir die Springbokke uit te draf nie, al is hy die beste speler in sy posisie.

“My enigste keurder as ’n ou atleet is die maatband wat nie lieg nie en nie ’n duit omgee wanneer ek gebore is nie.”

Lambrechts wys daarop dat die Olimpiese kwalifiserende A-vereiste erg straf is.

“Wat dit veral moeilik maak, is die feit dat Saskok vereis dat enige atleet wat aan die Spele wil deelneem, minstens twee keer die kwalifiserende vereiste moet oortref.

“Dit is interessant om daarop te let dat ’n afstand van 20.50 m in die gewigstoot op 2009 en 2011 se Wêreldbyeenkomste goed genoeg vir ’n agtste plek in die eindronde was.”
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

645 Ci Convertible AT
2005
R 549,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 71,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.