Medalje vir Mokoena in Split?

2010-09-03 22:20

PRETORIA

Dit sal interessant wees om te sien of Khotso Mokoena, wanneer hy vanmiddag aan die Wêreldbeker-byeenkoms in Split, Kroasië, deelneem uiteindelik daarin geslaag het om sy beserings af te skud.

Mokoena was vanjaar nog net op sewe plaaslike en internasionale atletiekbyeenkomste in aksie.

Desondanks bly Mokoena bewys hy is een vir die groot oomblik.

Elke keer wanneer dit saak maak, wen hy ’n medalje.

Op die binnenshuise Wêreldbyeenkoms in Doha, Katar, was hy tweede met ’n sprong van 8.08 m.

Hy het die Suid-Afrikaanse titel met ’n sprong van 8.01 m gewen en het seker gemaak hy is die Afrika-kampioen toe hy 8.23 m gespring het.

Daarom dit sal geen verrassing wees as Mokoena wel vanmiddag ’n medalje wen nie.

Wat kommer wek, is die afstande wat Mokoena vanjaar spring.

Hy kon nog net twee keer verder as 8.20 m spring. Eintlik uit ’n statistieke-oogpunt gesien, net een keer. Die 8.22 m wat hy in Durban gespring het, was met ’n sterk wind van agter.

Dit steek maar sleg af teen sy vertonings verlede jaar toe hy die Afrika- en Suid-Afrikaanse rekord met ’n sprong van 8.50 m verbeter het.

Boonop het hy toe ook ’n slag 8.47 m gespring, drie keer 8.33 m, twee keer 8.29 m, 8.28 m en 8.27 m.

Mokoena het ook ’n silwermedalje op die Wêreldbyeenkoms in Berlyn gewen, wat beteken 2009 was uit ’n verspring-oogpunt ongetwyfeld sy beste jaar tot nog toe.

Daar kan tereg gewonder word of die agent Juka Harkonen dalk gefouteer het deur toe te laat dat Elna de Beer Mokoena nie meer afrig nie.

Sy is die een afrigter wat weet hoe om die beste in Mokoena na vore te bring. Dit was opmerklik dat toe De Beer hom verlede jaar afgerig het, hy byna nooit beseer was nie.

Die vraag wat beantwoord moet word, is of ’n agent betrokke moet raak by die afrigting van sy atlete?

Die ander Suid-Afrikaners wat in aksie is, is: LJ van Zyl (400-hekkies), Burger Lambrechts (gewigstoot), Chris Harmse (hamergooi), SA 4x100-mansaflosspan, Elizna Naudé (diskus) en Sunette Viljoen (spiesgooi).

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.