Aussies het Indiërs op knieë

2012-01-27 21:43

Die Aussie-draaier Nathan Lyon het gister ’n paar groot Indiese visse in Adelaide gevang. Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG. – Net vier paaltjies staan vandag in Ade­laide tussen Australië en ’n skoonskip-reekssege oor Indië.

Die besoekers, wat lelik bloedneus gekry het in die eerste drie toetse in Melbourne, Sydney en Perth, sou hul tweede kolfbeurt vanoggend vroeg (Suid-Afrikaanse tyd) op 166/6 hervat het.

Die Indiërs kort nog ’n onwaarskynlike 334 lopies om die yslike wenteiken van 500 te bereik nadat die Australiese krieketspan sy tweede beurt vroeër op 167/5 gesluit het.

Ricky Ponting, wat in die tuisspan se eerste beurt ’n dubbele honderdtal gemoker het, was gister weer aan die spits met ’n onoorwonne 60 (96 balle, 5x4).

Ondanks die vroeë verlies van Gautam Gambhir (3, 18 b) het die Indiese lopiejaagtog belowend begin, met veral Virender Sehwag in ’n omgekrapte luim.

Dié waarnemende kaptein het 62 lopies (53 b, 12x4) geklits, voordat hy die eerste van Nathan Lyon (3/57) se drie slagoffers geword het.

Ryan Harris (2/25) het kort daarna toegesien dat Rahul Dravid (25, 72 b, 2x4) se nagmerriereeks met die kolf voortduur, waarna Lyon boonop die groot paaltjie van Sachin Tendulkar (13, 34 b, 2x4) platgetrek het om die toerspan op 110/4 te laat steier.

’n Waardevolle 52 lopies om die vyfde paaltjie, tussen VVS Laxman (35, 88 b, 4x4) en Virat Kohli (22, 62 b, 2x4), het die bloeding tydelik gestop, maar Lyon en ’n gewaagde enkellopie het van albei dié kolwers ontslae geraak met die veiligheid van uitskeityd reeds in sig.

In Aboe Dhabi weier Pakistan steeds om boedel oor te gee in die tweede van drie toetse teen Engeland.

Die “tuisspan” is met sy tweedebeurt-telling op 125/4 reeds 55 lopies voor, nadat die Engelse vir 327 uitgeknikker is.

’n Vyftigtal deur Stuart Broad (58*, 62 b, 6x4, 1x6) het Engeland verby die 300-kerf gekry, nadat die Pakistanse draaiers Saeed Ajmal (4/108), Mohammad Hafeez (3/54) en Abdur Rehman (2/67) amok gemaak het.

Graeme­ Swann (1/32) en Monty Panesar (3/44) het die Pakistani’s daarna op 54/4 laat wankel voordat Azhar Ali (46*, 140 b, 7x4) en Asad Shafiq (35*, 105 b, 3x4) saam 71 lopies bygedra het.

Reën het spel tussen Nieu-Seeland (392/5) en Zimbabwe in Napier gister tot net meer as 15 boulbeurte beperk.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.