Boucher slaggereed

2010-09-07 22:12

Die Warriors se Mark Boucher (links) en Davy Jacobs het gister met die media in Port Elizabeth gepraat oor die Oos-Kaapse span se vooruitsigte in die Kampioeneliga wat Vrydag begin.Foto: Werner Hills

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PORT ELIZABETH

Suid-Afrika se wêreldrekordhouer-paaltjiewagter, Mark Boucher, is reg om in die Kampioeneliga-toernooi die handskoene aan te trek.

Boucher het pas van ’n lastige rugbesering herstel.

Hy was gister op St. Georgepark vir die Warriors in aksie in ’n twintig20-oefenwedstryd teen die Oostelike Provinsie.

Dit is ter voorbereiding vir dié blitsreeks, wat Vrydag in Johannesburg begin.

“Ek het gister (eergister) vir ’n opvolgskandering gegaan. ’n Spesialis het gesê ek kan weer speel en hopelik is daar nie probleme met die rug in die toernooi nie,” het Boucher gesê.

“Dit was dieselfde besering wat in Indië opgedoen is (toe Suid-Afrika vroeër vanjaar daar getoer het) en toe later in die Wes-Indiese Eilande weer opgevlam het.

“Voor die onlangse oefenkamp in George het ek weer las daarvan gehad.”

Dié 33-jarige Oos-Kapenaar het reeds 944 slagoffers in al drie weergawes van die spel op sy kerfstok – meer as enige ander paaltjiewagter tot nog toe.

“Die ruskans het gehelp, maar die paar dae voor die toernooi begin, sal ek sommer baie balle slaan om weer op dreef te kom,” het Boucher gesê.

Die Warriors begin hul aanslag Saterdag, wanneer hulle Sri Lanka se provinsiale kam­pioenspan, die Wayamba Elevens, in die Baai pak.

Boucher het erken die tuisspan “weet nie veel van die Elevens nie”.

“Ons sal nog heelwat beeldmateriaal van hulle bestudeer, maar ons is nie te bekommerd oor enige van ons teenstanders nie en fokus eerder op ons eie spel en intensiteit.”

Die Warriors is vandag wéér met die OP slaags nadat dié span verras het deur Suid-Afrika se Pro20-wenner met 29 lopies te klop.

Danksy Kelly Smuts (69, 50 balle, 5x4, 3x6) kon die OP 135/8 aanteken, waarna hy die War­riors tot net 106/9 beperk het.

Makhaya Ntini (3/16) en Lonwabo Tsotsobe (3/25) was die verloorspan se beste boulers, terwyl die linksdraaier Jon-Jon Smuts 4/23 vir die OP ingeoes het.

Terwyl die Australiese sneltrein Shaun Tait reeds sy lippe aflek om op die kolwers in vanjaar se toernooi losgelaat te word, sal die Royal Challengers Bangalore swaar steun op sy Suid-Afrikaanse invloed, berig Eduan Roos.

Tait is een van die South Australian Redbacks se troefkaarte en het onlangs ’n aflewering van 161.1 km/u afgestuur – op een na die vinnigste in die geskiedenis.

“Ek het nog nooit voorheen in Suid-Afrika geboul nie en dis gewoonlik ’n plek waar snelboulers baljaar,” het Tait gister gesê.

“Die kolfblaaie bied boonop heelwat ondersteuning aan die vinnige manne.”

Volgens Anil Kumble, kaptein van die Challengers, sal Jacques­ Kallis en Dale Steyn se kennis van plaaslike toestande handig te pas kom, wanneer dié span Sondag in Centurion met Guyana swaarde kruis.

“Hulle is spelers van wêreldgehalte en hul ervaring – veral in Suid-Afrika – kan aan ons ’n voorsprong besorg,” het Kumble gesê.


 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.