Cobras se hoop op JP, Vernon én weergode

2012-02-01 22:48

Vernon Philander gaan die Cape Cobras se boulaaanval plofkrag gee in die SuperSport-kragmeting met die Knights Foto: Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KAAPSTAD. – Die weergode kan die Cape Cobras die naweek ’n reuse-guns bewys wanneer hulle probeer om die SuperSport-krieketreeks die derde agtereenvolgende seisoen te wen.

Die voorlaaste ronde van wedstryde word die naweek gespeel met die Titans (102.82 punte) en die Cobras (101.42) wat in mekaar se nekke blaas bo-aan die puntelys.

Die Titans het verlede naweek met hul oorwinning in die Paarl die voortou geneem.

Swaar reën word egter vir die volgende drie dae vir Oos-Londen voorspel waar die Titans en die Warriors kragte meet.

As daar nie genoeg speeltyd gaan wees om ’n uitslag op te lewer nie, kan die Cobras weer die voortou neem mits hulle die Knights op Nuweland kan pak gee.

Die Kaapse streekspan word versterk deur die terugkeer van die Protea-bouler, Vernon Philander en sy nasionale spanmaat, die kolwer JP Duminy.

Die terugkeer van Duminy skep ook ’n kopsorg vir die keurders. Richard Levi het verlede week in Duminy se plek teen die Titans gespeel en hy was een van net drie Cobras-kolwers wat ’n vyftigtal in die Paarl kon moker.

Die Cobras het in die laaste klompie wedstryde kwaai gesukkel in die afwesigheid van Philander en die beseerde Rory Kleinveldt.

Philander se vermoë met die bal sal die Kapenaars baie meer vertroue gee.

Dit lyk of die Knights steeds verwag dat die Cobras op sy draaiers gaan staatmaak.

Daar is nie minder nie as vier draaiers – Werner Coetsee, Aubrey Swanepoel, Michael Erlanck en Wiann van Zyl – in die groep van 12 vir die kragmeting wat vandag hier op Nuweland begin.

Die Titans sal op Buffalopark in Oos-Londen waarskynlik meer oor die moontlike reën as die Warriors bekommerd wees skryf Henk Steenkamp. Die Warriors is verlede naweek deur die Dolphins, wat laaste op die puntelys is, verniel.

Dit lyk dus nie of die Oos-Kapenaars veel teenstand sal bied nie, maar die reën kan die Titans se planne in die wiele ry.

Die Titans behoort te veel skietgoed te hê met die nasionale spelers Jacques Rudolph, Faf du Plessis en Marchant de Lange in hul geledere.

Die kolwer David White maak sy buiging vir die Warriors.

Die Lions en die Dolphins speel die naweek se derde wedstryd op Kingsmead in Durban.

Hashim Amla is terug in die tuig vir die Dolphins, wat hul beleërde kolflys ’n hupstoot behoort te gee.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.