Engelse kolwers is nou éérs onder druk

2012-02-05 21:36

Mitchell Starc het die Indiese kolfmaesto Sachin Tendulkar gister vir goedkoop uitgehaal. Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

DOEBAI. – Die Engelse krieketspan se sukkelende kolwers gaan vandag die kans kry om hul kritici verkeerd te bewys wanneer die derde toets teen Pakistan hier hervat word.

Pakistan is gister in sy tweede beurt vir 365 uitgehaal en het Engeland ’n teiken van 324 lopies gestel om ’n sege te behaal.

Engeland het gister met die uitskeityd 36 sonder verlies bereik.

Die teiken is nie onmoontlik nie, maar gegewe dat die Engelse in die laaste toets net 72 kon kry toe hulle 145 vir ’n sege moes aanteken, is niks gewaarborg nie.

Nog meer so as in ag geneem word dat die twee Pakistanse draaiers Saeed Ajmal en Abdur Rehman ’n sielkundige houvas op die Engelse kolwers het.

Die twee draaiers het sover 37 van die 50 Engelse paaltjies in die reeks laat kantel en hulle sal straks vandag weer ’n sê in die uitslag hê.

Dit is steeds verstommend dat Pakistan só stewig in die toets staan nadat hy in sy eerste beurt vir slegs 99 uitgeboul is.

Die laaste keer wat ’n span vir só min in die eerste beurt van ’n toets uitgeboul is en steeds die toets gewen het, was voor die Tweede Anglo-Boereoorlog toe Engeland (92) dit teen Suid-Afrika op Nuweland vermag het.

Die Pakistanse kolwers Younis Khan (127; 303 minute, 221 balle, 12x4, 1x6) en Azhar Ali (157; 533 m, 442 b, 10x4, 1x6) het die terugvegpoging gelei.

Die twee het ’n vennootskap van 216 lopies om die derde paaltjie gedeel en dit sal heel waarskynlik die verskil tussen die twee spanne wees.

Die opflikkering wat Indië op sy nagmerrie-toer in Australië beleef het, het toe nie lank geduur nie.

’n Sege in die tweede t20-stryd teen die Aussies is gister met ’n nederlaag in die eerste wedstryd van die driehoekige kitsreeks opgevolg..

Australië het dié reëngeteisterde wedstryd in Melbourne met 65 lopies gewen.

Die Aussies het eerste gekolf en het danksy 67 (69 b; 4x4, 2x6) deur Matthew Wade en ’n blitsige 61 (30 balle, 4x4, 3x6) deur David Hussey 216/5 in hul 32 boulbeurte opgestapel.

Indië het gesukkel nadat Sachin Tendulkar (2) en Gautam Gambhir (0) in die eerste vier boulbeurte uit is.

Clint McKay (4/20) was die beste Aussiebouler.

Die Aussie-blitsbouler Brett Lee sal die res van die reeks weens ’n gebreekte beentjie in sy regtervoet misloop.


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.