Henry giftiger as Cobras in ou agterplaas

2012-01-27 21:43

KAAPSTAD. – ’n Voormalige Bolander, Henry Davids, het gister die Cape Cobras op sy ou tuisveld kis geboul in die SuperSport-krieketstryd teen die Titans in die Paarl.

Danksy Davids – eintlik ’n kolwer – se boulontleding van 5/22, is die Kapenaars tot 165 in hul tweede beurt beperk.

Die Titans moet 158 lopies vir ’n oorwinning aanteken nadat hulle vroeër gisteroggend vir net 207 uitgeboul is.

Die besoekers het gisteraand met hul telling op 17/2 gaan slaap, maar is steeds die gunstelinge om te wen.

Dit gaan wel nie ’n maklike teiken op dié kolfblad wees nie.

Die Cobras kon eergister net 199 in hul eerste beurt kry. Richard Levi was toe die enigste van die spesialis-kolwers wat die mas kon opkom.

Gister was dit Stiaan van Zyl se beurt om sy staal te wys met ’n indrukwekkende 67 (150 balle, 7x4), maar hy het bitter min ondersteuning gekry voordat Robin Peterson (30) op nr. 8 kom kolf het. Andrew Puttick (25) was die enigste ander kolwer wat dubbelsyfers behaal het.

In ’n wedstryd met min goeie vertonings, is Peterson beslis die uitblinker sover.

Dié veelsydige speler het ’n vyftigtal in die eerste beurt aangeteken en sy 5/60 in die Titans se eerste beurt het die Cobras se kanse in die wedstryd lewend gehou.

Die ervare Neil McKenzie (73) en Zander de Bruyn (92) het gister op die Wanderers in Johannesburg tot die Lions se redding gekom, skryf Johann de Jager.

Die Knights se Ryan McLaren (3/61) het die skaal net voor uitskeityd sy ewewig laat herwin en die Lions sal hul eerste beurt op 243/7 voortsit in ’n baie soortgelyke posisie as waarin die Knights was.

Vroeër het Werner Coetsee in sy eerste meerdagstryd vir die Knights sy goeie seisoen met die kolf teen sy ou spanmaats voortgesit.

Sy 78* het die Knights gehelp om 338 te kry nadat hulle op 250/7 voortgekolf het.

Op Kingsmead in Durban kon selfs ’n goeie veelsydige vertoning deur die draaier Simon Harmer die Warriors nie veel help teen die Dolphins nie, skryf Christo Buchner.

Met net drie paaltjies oor is die Oos-Kapenaars op 179/7 steeds 142 lopies agter die Dolphins se eerste beurt van 321.

Nadat Harmer 6/94 geneem het, het hy 40 onoorwonne lopies geslaan en saam met Wayne Parnell (40) sy span uit ’n baie benarde posisie help red.
Imran Tahir (3/55) het die kolwers baie probleme besorg.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.