Miljoene wink vir SA

2012-02-01 22:48

AB de Villiers dra ’n gewrigskerm by ’n afrigtingsessie eergister in Johannesburg. Foto: Duif du Toit, Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BLOEMFONTEIN. – Die Proteas kan ’n klein fortuin op hul komende toer na Nieu-Seeland verdien.

Minstens R2,8 miljoen en tot R3,6 miljoen wink vir Gary Kirsten se nasionale krieketspan sou hy aanstaande maand skoonskip maak in die toetsreeks teen die Kiwi’s.

Die Proteas, wat tans tweede op die wêreldranglys vir toetsspanne is, kan die seisoen in die eerste plek afsluit as hulle Nieu-Seeland met 3-0 verslaan en indien Paki­stan Engeland in die huidige toetsreeks tussen dié twee spanne met dieselfde telling klop.

Pakistan loop met 2-0 voor en die laaste toets begin Vrydag.

Die Internasionale Krieketraad het gister in Doebai aangekondig dat hy die prysgeld vir die wêreld se voorste toetsspanne meer as verdubbel.

In die verlede het die wêreld se voorste toetsspan aan die einde van die seisoen nagenoeg R1,4?mil­joen in die sak gesteek.

Dit word nou opgeskuif tot R3,6 miljoen, met die span wat op 1 April tweede op die wêreldranglys is wat R2,8 miljoen sal inoes.

Afgesien van die reuse-prysgeld wat skielik op die spel is tydens die Proteas se toer in die Land van die Lang Wit Wolk, is daar natuurlik ook die saak van wraak.

Die Black Caps het verlede jaar verrassend die Proteas se doppie in die kwarteindronde van die Wêreldbeker-toernooi geklink en die Suid-Afrikaners sal sake wil regstel.

Die Proteas het daardie wedstryd in Mirpur met 49 lopies verloor nadat hulle aanvanklik op pad was na ’n gemaklike oorwinning.

Aan die vooraand van die Pro­teas se vertrek aanstaande Vrydag na Nieu-Seeland, sukkel ’n viertal van die span se sterre egter met beserings, maar lyk dit darem of hulle almal reg sal wees vir die toer.

Die kits- en blitskaptein van die Proteas, AB de Villiers, het gedurende die onlangse eendagreeks teen Sri Lanka sy gewrig, waarmee hy telkemale vroeër in sy loopbaan al gesukkel het, met ’n omgekeerde veeghou weer beseer.

Die 27-jarige De Villiers het egter in die laaste wedstryd geen ongemak getoon nie en sy sprankelbeurt (125*, 98b, 10x4; 4x6) op die Wanderers, besaai met onortodokse houe, is as een van die bestes tot nog toe in kitskrieket beskryf.

Die nasionale afrigter, Kirsten, is in hierdie stadium egter nie bekommerd oor De Villiers se gewrig nie.

“Nee wat, hy moet dit net goed kondisioneer.”

De Villiers het uit voorsorg nie verlede week in die SuperSport-reeks vir die Titans gespeel nie en hy sal ook nie vandeesweek in Oos-Londen in dié vierdaagse reeks in aksie wees nie.

Die ander beseerdes oor wie daar in hierdie stadium effense kommer heers, is Albie Morkel, Imran Tahir en Colin Ingram.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.