Ons gaan nêrens, sê Dravid ná groot nederlaag

2012-01-29 21:34

Ryan Harris van Australië is in die wolke nadat hy in Adelaide die paaltjie van die Indiër Rahul Dravid ingeoes het. Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG. – Indië se vernederende nederlaag in die laaste toets teen Australië was níé die laaste sien van dié land se krieket-hardebaarde nie.

Só het Rahul Dravid gister geskerm te midde van hardnekkige gerugte dat hy, VVS Laxman en selfs die ikoniese Sachin Tendulkar hul uittrede kan aankondig in die nadraai van dié span se pak slae met 298 lopies die naweek in Adelaide.

Indië het die reeks met 0-4 verloor nadat hy ook in Melbourne, Sydney én Perth afgeransel is.

Die 39-jarige Dravid kon altesaam net 194 lopies (teen ’n kolfgemiddelde van 24) aanteken, terwyl Laxman selfs swakker gevaar het met 155 lopies (19.37).

Die 38-jarige Tendulkar was beter, met 287 lopies (35.87), maar soek nog ’n ongeëwenaarde 100ste honderdtal.

“Daar is geen twyfel nie dat ek nader is aan die einde van my loopbaan as aan die begin, maar ek het nog geen finale besluit geneem oor my toekoms nie,” het Dravid aan Channel Nine gesê.

“Dieselfde geld die res van ons senior spelers. Daar is geen rede waarom ons nóú al moet besluit nie en in die stadium wil ons dinge net een reeks op ’n slag neem.”

Volgens hom kan die Indiese span, wat in 2011 die Wêreldbeker-toernooi die eerste keer in langer as 28 jaar gewen het, nog lank nie afgeskryf word nie.

“Ons het nie goed gevaar in ons laaste paar reekse weg van die huis af nie, maar ek is hoopvol dat ons jonger spelers binnekort hul stempel sal afdruk. Dit gaan tyd neem, maar dis belangrik dat Indië ’n sterk toetsland bly.”

Virender Sehwag, die besoekers se waarnemende kaptein in Adelaide, was dit met hom eens.

“Dis verstaanbaar dat ons ondersteuners en die media teleurgesteld is in ons vertonings in dié reeks, maar dis belangrik dat hulle ons nou – meer as ooit tevore – moet ondersteun,” het Sehwag aan ESPNcricinfo.com gesê.

“Minder as ’n jaar gelede was die hele Indië agter ons en toe het ons die Wêreldbeker gewen.”

Die vuisvoos Zimbabwiese span moet in die kitsreeks sonder sy kaptein en sterkolwer, Brendan Taylor (kuitspierbesering), teen Nieu-Seeland klaarkom.

Die Kiwi’s het die naweek hul grootste toetssege tot nou behaal deur die Zimbabwiërs in Napier met ’n beurt en 301 lopies te verrinneweer.

Dít nadat die besoekers twee keer in een dag se spel (vir onderskeidelik 51 en 143) uitgehaal is, in antwoord op die Black Caps se eerstebeurt-telling van 495/7.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.