Botha, De Lange hak knoop in naelbyt-stryd deur

2012-02-22 11:28

AUCKLAND. - Suid-Afrika se Marchant de Lange het Woensdag hier, ten spyte van 'n foutbal in sy laaste boulbeurt, sy span gehelp om die derde en beslissende T20-wedstryd van die Proteas se toer teen Nieu-Seeland te wen en sodoende die reeks met 2-1 te beklink.

Suid-Afrika het 165/7 in sy toegelate boulbeurte aangeteken, waarop die Kiwi's met 162/7 geantwoord het.

Die snelbouler De Lange (2/36) , wat vroeër in sy boulskof baie duur was, en die wegbreekbouler Johan Botha (2/20) was die Proteas se helde met die bal. Botha is as Speler van die Wedstryd aangewys.

Met die aanbreek van die laaste boulbeurt het die Kiwi's slegs 7 lopies benodig, met nog 5 paaltjies staande.

Maar De Lange het met puik boulwerk twee paaltjies in dié beurt laat kantel. Nathan McCullum en Doug Bracewell moes albei vir nulletjies terugstap.

De Lange het ook 'n foutbal afgestuur, wat beteken het Nieu-Seeland moes 4 lopies van die laaste aflewering aanteken. Tim Southee kon egter nie kolf bykry by 'n aflewering buite die wegpen nie en die Suid-Afrikaners kon feesvier.

Die held van die Proteas se vorige kolfbeurt, Richard Levi, is dié keer vir 11 lopies (7 balle) uitgehaal. Albie Morkel is op nr. 3 in die kolforde as mokerman ingestuur, maar kon slegs 10 lopies van 9 balle aanteken.

Levi se aanvangsmaat, Hashim Amla, het 'n paar uitstekende houe in sy beurt van 33 (22 b; 4x4; 1x6) gespeel, waarna die Proteas-kaptein, AB de Villiers, en JP Duminy aansien aan die Suid-Afrikaners se beurt gegee het met 'n vennootskap van 62 lopies om die vierde paaltjie voordat Duminy uitgehardloop is.

Duminy het twee sesse en twee viere in sy beurt van 38 (20 balle) geslaan.

De Villiers is vir 29 (23 b; 2x4; 1x6) uitgehaal nadat hy die telbord met onder meer omgekeerde veeghoue aan die rol probeer hou het.

Justin Ontong is vir 6 en Botha vir 2 uitgehaal. Botha het sy paaltjie verloor toe Martin Guptill 'n briljante vangkans op kort-dekpunt benut het van die boulwerk van Southee.

Wayne Parnell (22*; 17 b; 2x4; 1x6) en Robin Peterson (11*; 10 b) het Suid-Afrika se telling van 137/7 tot 165/7 geneem.

Southee kon met boulsyfers van 2/22 vir die Kiwi's spog.

Net soos Nieu-Seeland, wat die boulwerk met Ronnie Hira begin het, het die Proteas ook 'n draaier, Peterson, as aanvangsbouler gebruik, met De Lange wat van die ander kant af die boulwerk begin het.

Maar veral de Lange is swaar gestraf deur die Kiwii-aanvangskolwers, Guptill en Nicol, en het 23 lopies in sy eerste twee boulbeurte afgestaan.

Morné Morkel het die deurbraak vir die Proteas gemaak toe Nicol 'n kort aflewering nie behoorlik kon bemeester nie en deur Levi naby die skerpby-grens vir 33 (19 b; 5x4; 1x6) uitgevang is.

Nieu-Seeland het toe 65/1 ná slegs 6 boulbeurte op die telbord gehad. Die Kiwi's was skynbaar onderweg na 'n sege.

Botha het tot die aanval toegetree en in sy eerste boulbeurt die paaltjie van Guptill (26; 19 b; 3x4; 1x6) geneem wat deur Amla op diep-halfweg gevang is.

Brendon McCullum, die Kiwi-kaptein, is vir 18 deur Peterson uitgehaal en Kane Williamson vir net 6 lopies, maar Jesse Ryder (52; 42 b; 5x4; 2x6) het die momentum in die Kiwi's se beurt met aggressiewe kolfwerk behou voordat hy deur Morné Morkel van Botha se boulwerk in die 19 de boulbeurt gevang is.

En toe wys De Lange hy is 'n man vir die groot oomblik . . . - ESPNcricinfo.com

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.