Reeza geprys ná hy lopies inryg

2012-02-06 22:05

Die Knights-kolwer Reeza Hendricks het die seisoen reeds 733 lopies in die SuperSport-reeks opgestapel. Foto: Carl Fourie, Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KIMBERLEY. – Dit is nie moeilik om te verstaan waarom die Knights-breier, Sarel Cilliers, opgewonde raak as hy oor Reeza Hendricks gesels nie.

Hy is dalk nog net 22 jaar oud, maar waar Hendricks tekort skiet aan ervaring, maak hy ruimskoots met die kolf voor op.

Dit het die produk van Griekwas die naweek in die Knights se SuperSport-krieketstryd teen die Cobras in die Kaap opnuut bewys. Hy het sy 124 lopies in die eerste beurt met 82 in die tweede opgevolg en is nou die naasvoorste lopiemaker in dié reeks.

Hy het in 9 meerdagwedstryde dié seisoen, in 18 kolfbeurte, reeds 733 lopies opgestapel. Dit is net 18 lopies minder as die voorste kolwer, die Lions se Niel McKenzie.

Hendricks het al verlede jaar vir die Suid-Afrikaanse Opkomende span indruk gemaak. En te oordeel na sy kolfvertonings tans is dit nie vergesog nie om te dink dat hy in die nabye toekoms vir nasionale diens nader getrek kan word.

“Reeza se spelpeil toon beslis ’n opwaartse kurwe. Hy het hom reeds verlede jaar vir die Suid-Afrikaanse Opkomendes laat geld en ook die naweek teen van die land se voorste boulers. Hy toon baie volwassenheid,” het Cilliers gister gesê. “Hopelik kan hy vanjaar die SA A-span haal of selfs hoër louere verdien.”

Hendricks het teen Protea-boulers soos Justin Ontong en Vernon Philander sy man gestaan in die SuperSport-wedstryd teen die Cobras, maar hy is ook uitgeknip vir eendagkrieket, aldus Cilliers.

“Reeza kan in al die formate van die spel ingespan word. Hy het reeds bewys hy kan oral speel. Hy is beslis nie net ’n meerdaagse speler nie.”

Philander was die groot doring in die Knights se vlees. Hy het nege paaltjies laat kantel, sewe daarvan in die eerste kolfbeurt.

Hy is dus nie verniet die suinigste bouler in die reeks nie. In 4 SuperSport-wedstryde het hy 903 aflewerings afgestuur, net 347 lopies afgestaan en 23 paaltjies laat kantel. Elke paaltjie het hom gemiddeld 15.08 lopies gekos.

“Vernon het twee jaar gelede presies dieselfde ding gedoen. Ons het 130 lopies vir ’n sege benodig en hy het ingekom en ons uitgeboul,” het Cilliers gesê.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.