SA wil spiere bult in NS

2012-02-10 21:43

JOHANNESBURG. – Die toer na Nieu-Seeland is waar die Proteas hulself as die beste ter wêreld gaan onderskei, glo Gary Kirsten.

En, het dié Suid-Afrikaanse krieketafrigter Nieu-Seelanders gister gewaarsku, die Kiwi’s se onlangse heldedade teen Australië en Zimbabwe beteken net mooi niks nie aan die vooraand van hul eerste wedstryd teen die Proteas sedert verlede jaar se mislukte Wêreldbeker-veldtog.

Kirsten en sy twintig20-span het gister na Nieu-Seeland vertrek vir ’n reeks van drie blits-, drie kits- en drie toetswedstryde nadat die Black Caps Suid-Afrikaanse harte in Maart gebreek het deur die Proteas in die kwarteindronde van die vierjaarlikse skouspel te klop.

“Dié is ’n reuse-toer vir ons, daaroor is daar geen twyfel nie,” het Kirsten gesê.

“Dis ons eerste reeks weg van die huis af (sedert hy middel verlede jaar die leisels oorgeneem het by Corrie van Zyl) en veral die twintig20-span is aansienlik jonger as die laaste paar jaar.”

Die koue toestande in Nieu-Seeland is boonop ’n geweldige uitdaging. “Dis gewoonlik bitter koud en op ’n warm dag styg die kwik maar tot 21 grade. Daarom het ’n mens minstens ses of sewe dae nodig om ordentlik te kan aanpas en ook om genoeg voor te berei.”

Volgens Kirsten het die toerspan reeds een oog op die toetsreeks én die geelwortel van ’n prysgeld-boerpot in April.

Sou Kirsten-hulle die Kiwi’s met 3-0 ore aansit, sal hulle Engeland onttroon as die voorste toetsspan op die planeet en daarmee saam ’n stewige $450 000 in hul sakke kan steek. “Dit is deel van ons langtermyn-plan om die nommereen-span te wees, maar dit gaan nie oornag gebeur nie. Ons het reeds ons kleim afgesteek (teen Australië en Sri Lanka), maar ons moet meer bestendig wees en meer gereeld wedstryde én reekse wen,” het Kirsten gesê.
“Die kenmerk van ’n kampioenspan is dat hy op enige dag, op enige plek in die wêreld wen.”

Hy rol ook nie juis snags rond oor die gemak waarmee die Kiwi’s die afgelope maand met Zimbabwe klaargespeel het nie.

“?’n Mens moet versigtig wees om nie té veel te lees in dié reeks nie, want hulle (die Kiwi’s) oorheers tot dusver al hul wedstryde en dit kan dikwels ’n verkeerde beeld skep. Dit gaan beslis nie ’n maklike toer wees nie, want Nieu-Seeland is ’n moeilike plek om krieketwedstryde in te wen.

“Boonop is nie een van ons seker oor waarmee hulle vorendag gaan kom nie, maar ek glo ons hét die spelers en die vaardighede om staande te bly teen enigiets wat hulle opdis.”

AB de Villiers, die SA blitskaptein, het gesê: “Die sleutel tot sukses gaan wees om vinnig aan die gang te kom.”

*Twintig20 Groep:

AB de Villiers (k), Hashim Amla (o/k), Johan Botha, Marchant de Lange, JP Duminy, Colin Ingram, Richard Levi, Albie Morkel, Morné Morkel, Justin Ontong, Wayne Parnell, Robin Peterson, Rusty Theron, Lonwabo Tsotsobe.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.