Sachin (203) kasty Sri Lanka

2010-07-29 22:38

Maestro: Sachin Tendulkar vier gister in Colombo sy 200-tal teen Sri Lanka. Foto: ANDREW CABALLERO-REYNOLDS, REUTERS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG

Sachin Tendulkar het gister in Colombo met sy vyfde dubbele honderdtal op eie houtjie Indië se hoop om die reekslouere met Sri Lanka te deel, lewend gehou.

’n Onbesliste uitslag is nou onvermydelik nadat dié 37-jarige kolfmaestro op die voorlaaste dag van die tweede toets vir langer as agt uur walgegooi het in sy spogbeurt van 203 lopies (347 balle, 23x4, 1x6).

Dít, nadat ’n tweede agtereenvolgende opvolgbeurt die besoekers vroeër (op 241/4) in die gesig gestaar het in antwoord op Sri Lanka se yslike 642/4.

Die tuisspan is met 1-0 voor in die reeks van drie toetse nadat hy die eerste kragmeting in Galle met 10 paaltjies gewen het.

Danksy ’n vennootskap van 256 lopies om die vyfde paaltjie tussen Tendulkar en Suresh Raina (120, 228 b,12x4, 2x6) kon hul afrigter, Gary Kirsten, en spanmaats op 669/9 gaan slaap.

Met dié beurt het Raina, wat op die nippertjie ingesluit is in die plek van die olike Yuvraj Singh, net die negende Indiër tot nog toe geword wat die driesyfer-kerf in sy eerste toets behaal.

Hy is kort ná middagete deur Ajantha Mendis (4/157) uitoorlê, maar stééds kon die Sri Lankane nie die lopiekrane toedraai nie.

Tendulkar en Mahendra Singh Dhoni (76, 138 b, 7x4), het ’n verdere 95 lopies om die sesde paaltjie bygedra voordat die Indiese kaptein en Abhimanyu Mithun (41, 97 b, 4x4) saam nog 51 lopies opgestapel het ná Tendulkar se vertrek.

Terselfdertyd kon Sri Lanka nie die gate toestop nie, wat die afwesigheid van Muttiah Muralitharan en Lasith Malinga gelaat het op ’n kolfblad waarop net 13 paaltjies in meer as 360 boulbeurte platgetrek kon word.

Dié twee het altesame 15 van die 20 Indiese paaltjies in Galle laat kantel, maar kon weens onderskeidelik uittrede en ’n besering nie oorweeg word nie.

Die laaste toets begin Dinsdag in Colombo.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.