Sachin ‘moes tóé uitgetree het’

2012-01-31 21:53

Sachin Tendulkar uitgeknikker deur Peter Siddle in die vierde toets in Adelaide. Foto: Reuters

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

NIEU-DELHI. – Die Indiese kolflegende Sachin Tendulkar moes ná Indië se Wêreldbeker-triomf verlede jaar sy uittrede aangekondig het, glo die voormalige Pakistanse krieketkaptein en veelsydige speler Imran Khan.

“Dit was die beste tyd vir hom om uit te tree.

“Hy is só ’n goeie speler en daar is geen plaasvervanger vir hom nie, maar hy moet die tyd reg kies,” het Khan aan CNN-IBN gesê.

Khan, wat self uitgetree het nadat hy Pakistan in 1992 tot die Wêreldbeker-titel gelei het, meen dit is egter nie nou die tyd vir die kolfmeester om sy uittrede aan te kondig nie.

Veral nie nadat Indië met 0-4 in sy afgelope toetsreeks teen Australië in die stof gebyt het nie.

“As hy (Tendulkar) nou groet, sal dit nie op ’n hoogtepunt wees nie.

“As hy dit na afloop van die Wêreldbeker-eindstryd gedoen het, sou dit op die kruin van sy loopbaan gewees het. Daar is niks groter as dit nie,” het die 59-jarige Khan gesê.

Tendulkar, wat die rekordhouer in toetse en internasionale eendagwedstryde is wat lopies en honderdtalle betref, soek steeds daardie ontwykende 100ste internasionale honderdtal.

Die kolfmeester het die Wêreldbeker op sy tuisveld omhoog gehou, maar bevind hom steeds op 99 honderdtalle nadat hy in die toernooi twee daarvan gemoker het.

Volgens Khan, wat in 88 toetse en 175 internasionale eendagwedstryde gespeel het, is die besluit om uit te tree altyd ’n moeilike een.

“Ek wou op my eie daardie besluit neem en dit nie aan keurders oorgelaat het nie.

“Min sportmanne neem egter die besluit op die regte tyd.”

Volgens Khan is dit ook moeilik om te sê of die tyd nou aangebreek het vir die Indiese strydrosse soos Tendulkar, Rahul Dravid en VVS Laxman, wat almal in hul laat dertigs is, om hul kolwe weg te pak.

Tendulkar het in die afgelope reeks teen Australië 287 lopies in vier toetse aangeteken, terwyl Dravid (194) en Laxman (155) se bydraes met die kolf maar skraps was.

Indië speel vandag en Vrydag in twintig20-wedstryde teen die Australiërs voordat hy in ’n driehoekige reeks teen Australië en Sri Lanka Doer Onder te staan kom.

Tendulkar speel nie blitskrieket nie, maar behoort vir die eendagwedstryde in die Indiese span ingesluit te word.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.