Skeidsregter slaan seun glo met kolf dood
2012-01-30 12:25
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
DHAKA
(Bangladesj). – Polisiebeamptes hier is op soek na ’n krieketskeidsregter wat
glo ’n tiener Vrydag tydens ’n amateurwedstryd in Kishoreganj met ’n kolf
doodgeslaan het.
Volgens ’n
polisiewoordvoerder het die witjas Nazrul Islam (15) met ’n speler se kolf op
die kop geslaan toe hulle oor ’n beslissing gestry het.
“Die seun is ’n dag
later dood en ons soek steeds na die verdagte,” het Mosharraf Hossain gesê. –
Sapa-AFP