Vurige Morkel skep Engelse bloedbad

2010-01-18 01:52

JOHANNESBURG

Nadat hy die hele reeks soos ’n opregte Engelse bulhond ba­klei het, het die Engelse krieketspan gisteroggend die wit vlag gehys.

Die baklei was uit die toerspan, met Suid-Afrika wat 7 paaltjies voor ete geneem het om die besoekers vir 169 uit te haal in hul tweede beurt. Suid-Afrika het sodoende die vierde en laaste toets hier op die Wanderers met ’n beurt en 74 lopies gewen.

Dié toets is ondanks heelwat speeltyd wat weens reën en swak lig verlore gegaan het in minder as drie en ’n halwe dag gewen.

Die reeks is gedeel (1-1), maar Suid-Afrika behou die Basil D’Oliveira-trofee wat hy verower het deur die vorige reeks tussen die twee spanne in Engeland te wen.

Die Engelse kolwers was omtrent soos daardie wollerige brakke wat op hul rûe gaan lê om gevryf te word.

Die uitsondering was oudergewoonte Paul Collingwood (71, 139 minute, 88 balle, 12x4, 1x6). As Haar Majesteit se manne meer van Collingwood se soort in die span gehad het, kon ­dinge anders verloop het.

Met Morné Morkel (4/59) aan die spits, het dit die Suid-Afrikaners net 29 boulbeurte geneem om die Engelse uit te knikker.

Engeland het die dag op 48/3 begin, met Collingwood wat besluit het aanval is die wagwoord.

Kevin Pietersen (12) het net 3 lopies by sy oorstaantelling gevoeg voordat die jong Wayne Parnell (2/17) die eerste slag van die dag geslaan het en hom agter die paaltjies laat vang het.

In ’n besielende skof (5-2-15-3) nadat hy die gholfbaan-kant vir die hoofpaviljoen-kant verruil het, het Morkel die fut uit die Engelse gehaal. Hy het eers vir Ian Bell (5) op eerste glip deur Jacques Kallis laat vang; en Bell het skaars tyd gehad om sy beenskutte in die kleedkamer af te haal toe Matt Prior (0) by hom aangesluit het.

Prior het die tweede bal wat na hom geboul is, probeer trek en ’n borand bygekry, waarna hy deur Graeme Smith – wat uit die glippe teruggehardloop het – uitgevang is. Stuart Broad (1) was ook ’n Morkel-slagoffer voordat Graeme Swann (20) 30 lopies saam met Collingwood versamel het.

’n Telling van 103/4 het 104/7 geword, met 3 paaltjies wat vir net 1 lopie in die slag gebly het Dit het enige hoop wat die Eng­else op oorlewing gehad het, ver­ydel.

Selfs die Barmy Army se sanglus is gestil en as dít gebeur, weet ’n mens die einde is naby.

JP Duminy (2/10) het met sy eerste aflewering van die toets Collingwood se hardnekkige weerstand beëindig en daarna ook die laaste paaltjie geneem deur Ryan Sidebottom (15) skoon te boul in die laaste boulbeurt voor ete.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.