2012-02-06 22:05
Dit waarop blasers in vanjaar se Super-rugbyreeks in die skrums gaan klem lê, behoort skrumwerk meer mededingend te maak.
2012-02-06 22:05
In Lancaster se eerste wedstryd as tussentydse breier het ’n onervare Engelse span sy Sesnasies-veldtog met ’n oorwinning van 13-6 hier op Murrayfield begin.
2012-02-05 21:36
Die Australiese skeidsregter Anthony Moyes nou reeds drie keer in vier wedstryde ’n geelkaart teen die Blitse uitgeruk en elke keer vir dieselfde afbreekpunt-oortreding.
2012-02-05 21:36
Die vuur wat Engeland in Saterdag se sukkelsege in die Sesnasies-reeks met 13-6 oor Skotland op Murrayfield gewys het, dui op goeie dinge vir die span se toekoms.
2012-02-05 21:36
Verlede week het die skeidsregterbaas, André Watson, gewaarsku dat sy blasers ná ’n oefenkamp wakker moet wees. Wakker was Stuart Berry beslis hier in die Baai.
2012-02-03 22:09
Die plan was om te bly fokus op hul eie spel en doelwitte en hulle nie te steur aan die eksterne faktore in die Westpac-stadion nie, of dat hulle (al weer) teen Fidji in die kwarteindstryd moes speel nie.
2012-02-02 21:45
“Die Stormers is ’n baie ervare groep, maar dieselfde beginsel wat my geld, is ook op hulle van toepassing: Ongeag hoeveel ervaring jy het, móét jy aanhou groei.”
2012-02-02 21:45
Hulle is die eerste senterpaar sonder toetservaring wat sedert 2002 vir Engeland speel en dít is iets wat die Engelse laas in 1969 in dié reeks gewaag het.
2012-02-02 12:56
Die Saracens-senters Owen Farrell en Brad Barritt maak Saterdag hul debuut vir Engeland in die Sesnasies-kragmeting met Skotland op Murrayfield.