Andries, Duane dalk teen Kings

2012-02-05 21:36

Die Cheetahs se Johan Goosen kry die bal weg voor ’n aanstormende Frans Malherbe en Demetri Catrakilis (regs) van die Stormers in Saterdag se kragmeting op Nuweland. Foto: Yunus Mohamed

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KAAPSTAD. – Twee van die Stormers se beseerde ysters, Andries Bekker en Duane Vermeulen, kan Saterdag die eerste keer in maande tot die rugbyveld terugkeer.

Dié twee strydrosse behoort in die Kapenaars se beste beskikbare 22-tal vir hul oefenstryd teen die Southern Kings in Port Elizabeth te wees, het ’n tevrede Allister Coetzee, die Stormers-afrigter, eergister hier onthul.

Dit was ná sy naasbestes se nederlaag van 14-22 hier op Nuweland teen die Cheetahs se voorstes.

Coetzee sal waarskynlik ook vandag op sy finale groep vir die Super-reeks besluit. Hy sal in die Baai met ’n span uitdraf wat baie dieselfde as in sy eerste Super-stryd, op 25 Februarie teen die Hurricanes, gaan lyk.

“Ons gaan met ’n volsterkte span teen die Kings speel. ’n Span wat moontlik op 25 Februarie teen die Hurricanes kan begin,” het Coetzee gesê.

Hy het bevestig dat Bekker en Vermeulen dalk dié naweek sal terugkeer.

Verder is Coetzee verheug oor die 30 minute wat die slot Rynhardt Elstadt, wat sy terugkeer ná ’n langtermyn-besering gemaak het, teen die Cheetahs kon speel.

Volgens Coetzee het hy ook meer antwoorde in die Cheetahs-stryd as ’n week tevore teen die Lions gekry.

“Op ’n manier het ons ons doelwitte bereik.

“Ons bou na 25 Februarie en dit was deel van die plan. Jy kan duidelik sien daar is spelers wat op individuele vlak tegniese skaafwerk benodig en dan is daar ander wat reg is om in die Super-reeks te presteer.”

Die Stormers het in die vorige oefenstryd teen die Lions by die afbreekpunte kleigetrap, maar Coetzee is in sy skik met dié aspek van hul spel teen die Cheetahs.

Intussen sê Naka Drotské, die Cheetahs se afrigter, sy span is beter as in 2011 se Super-reeks en kan met opwindende spelers soos Rocco Jansen weer vanjaar aanskoulike hardlooprugby opdis.

“Stadig maar seker is die ouens besig te kom waar ons wil wees. Ek is veral bly oor hoe ons in die tweede helfte tegnies reg gespeel het,” het Drotské ná sy span se oorwinning gesê.

“Dit is iets wat ons in die verlede ’n paar wedstryde gekos het wanneer ons in die laaste 10 of 15 minute voor was en dom besluite geneem het.”

Die Cheetahs was rustyd met 9-6 voor en in die 61ste minuut – ná ’n Jansen-drie, asook ’n doelskop en strafdoel deur die losskakel Johan Goosen – met 19-14 in beheer toe Sias Ebersohn Goosen vervang het.

Drotské was ook met sy span se verdediging, wat dikwels al sy ondergang was, tevrede.

Puntemakers:

Cheetahs: 22 (9): Drie: Rocco Jansen. Doelskop: Johan Goosen. Strafdoele: Goosen (3), Sias Ebersohn. Skepdoel: Goosen.
Stormers: 14 (6): Drie: Deon Fourie. Strafdoele: Demetri Catrakilis (3).
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.