Babelse verwarring oor Van der Linde

2010-09-07 22:11

Die Vrystaat sal hoop sy flank Hendro Scholtz (regs) herstel betyds van ’n seer skouer voor Saterdag se wedstryd teen die Blou Bulle. Hier sweet hy op ’n oefenfiets terwyl sy spanmaats op die veld slyp. Die losskakel Louis Strydom sit hand by. Foto:

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BLOEMFONTEIN

Glimlagte in die Vrystaat-kamp het gister skielik in ’n groot frons verander toe Naka Drotské, Cheetahs-breier, sy rugbyspan vir Saterdag se Curriebeker-kragmeting hier met die Blou Bulle moes kies.

’n Babelse verwarring het ontstaan toe die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) bekend gemaak het dat die Springbok-stut CJ van der Linde een van die gekontrakteerde Bokke is wat vir eers nie in die Curriebeker-reeks mag speel nie.

Van der Linde, wat reeds Maandag saam met sy Vrystaat-spanmaats geoefen het, en die Cheetahs was onder die indruk dat hy teen die Ligbloues mag speel.

Die stut was vroeër vanjaar nie een van die 19 Bokke wat volgens ’n verklaring van Saru ’n kontrak het nie, en daarom is gemeen dat hy nie soos die Bok-flank Juan Smith moet rus en ’n kondisioneringsprogram moet deurloop nie.

Van der Linde se naam was gister tussen die 20 gekontrakteerde Bokke, wat Smith en die beseerde flank Heinrich Brüssow insluit, wat eers op 6 Oktober, voor die laaste groepwedstryd van die reeks, beskikbaar sal wees.

Volgens Drotské was nie hy óf Van der Linde daarvan bewus nie.

“CJ het ook gedink hy mag speel, maar die reël is nou dat geen gekontrakteerde Bokke mag speel nie,” sê hy.

Luidens gister se verklaring mag die slot Bakkies Botha ook nie vir die Bulle speel nie en moet spelers soos die skrumskakel Ricky Januarie van die Westelike Provinsie en die haker Bismarck du Plessis en die stut Tendai Mtawarira van die Haaie ook rus.

Die Ligbloues was weer onder die indruk dat Botha ná sy skorsing van nege weke teen die Cheetahs mag uitdraf.

Ná die Bokke se treurmare in die Drienasies-reeks en onder meer die Frans Steyn-sage waarvoor die Bok-bestuurspan moes bontstaan, is dié kommunikasieprobleme nog kole op die vuur.

’n Mens sou dink dat provinsies soos die Bulle en Vrystaat nie onder ’n wanindruk oor die spelers se beskikbaarheid sou wees nie.

Intussen hou die Cheetahs asem op oor die beskikbaarheid van hul flank Hendro Scholtz.

Hy het ’n skouer teen Griekwas seergemaak en moet volgens Drotské môre ’n fiksheidstoets slaag.

As hy nie kan speel nie, sal Johan Wessels hom vervang.

Verder het die senter Corné Uys van ’n ribbesering herstel en neem hy Riaan Smit se plek op die plaasvervangersbank in.

Met Van der Linde wat nie beskikbaar is nie, behou die stutte Kobus Calldo en WP Nel hul plekke in die 22-tal.

Die Vrystaat-span is: Hennie Daniller, Philip Snyman, Robert Ebersohn, Meyer Bosman, Jongi Nokwe, Louis Strydom, Tewis de Bruyn, Ashley Johnson, Philip van der Walt, Hendro Scholtz/Johan Wessels, Waltie Vermeulen, Francois Uys, Kobus Calldo, Adriaan Strauss (k), Coenie Oosthuizen.

PLAASVERVANGERS: Skipper Ba­denhorst, WP Nel, Izak van der Westhuizen, Kabamba Floors, Tertius Carse, Sias Ebersohn, Corné Uys.


Die Vrystaat sal hoop sy flank Hendro Scholtz (middel) herstel betyds van ’n seer skouer voor Saterdag se wedstryd teen die Blou Bulle. Hier sit hy langs die oefenveld saam met die losskakel Louis Strydom (regs), flank Johan Wessels (links) en agtsteman Frans Viljoen (agter).Foto: Maradine Whitehorn

 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

BMW

320i
2005
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.