Barritt een van 3 nuwelinge in Engeland se span
2012-02-02 12:56
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
BAGSHOT - Die Saracens-senters Owen Farrell en Brad Barritt maak Saterdag hul debuut vir Engeland in die Sesnasies-kragmeting met Skotland op Murrayfield in Edinburg.
Barritt het voorheen vir die Sharks gespeel.
Engeland se tussentydse afrigter, Stuart Lancaster, het drie nuwelinge ingesluit, die senterpaar en Phil Dowson, wat agtsteman sal speel.
Dit is 'n redelik onervare span waarmee Engeland hoop om 'n herboupsoses te begin ná sy teleurstellende vertoning in verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland.
Die losskakel, Charlie Hodgson, speel ook vir Saracens en begin die eerste keer in 'n toets in vier jaar. Hy is die mees ervare speler in die span, met 36 toetse agter die blad.
Die Suid-Afrikaans-gebore Mouritz Botha, nog 'n Saracens-speler, is op slot in die beginspan gekies.
Die span is:
Ben Foden (Northampton), Chris Ashton (Northampton), Brad Barritt (Saracens), Owen Farrell (Saracens), David Strettle (Saracens), Charlie Hodgson (Saracens), Ben Youngs (Leicester), Phil Dowson (Northampton), Chris Robshaw (Harlequins, k), Tom Croft (Leicester), Tom Palmer (Stade Francais), Mouritz Botha (Saracens), Dan Cole (Leicester), Dylan Hartley (Northampton), Alex Corbisiero (London Irish). PLAASVERVANGERS: Rob Webber (London Wasps), Matt Stevens (Saracens), Geoff Parling (Leicester), Ben Morgan (Scarlets), Lee Dickson (Northampton), Jordan Turner-Hall (Harlequins), Mike Brown (Harlequins). - Sapa-AFP