Bok-twis eis Bakkies

2010-09-07 22:11

PRETORIA

’n Nuwe rugbytwis tussen provinsies oor die beskikbaarheid al dan nie van gekontrakteerde Springbokke vir die res van die Curriebeker-seisoen, het gister losgebars en SA Rugby geen keuse gelaat nie as om dié spelers aan die reeks te onttrek.

Dié twis volg nadat die Springbok-bestuur op 7 Mei op ’n vergadering met die vernaamste unies ooreengekom het dat al die gekontrakteerde spelers na afloop van die Drienasies-reeks nie in wedstryde sal speel nie.

Spelers soos Bismarck du Plessis en Adrian Jacobs is egter weens beserings nog glad nie vir die Bokke oorweeg nie, hoewel Du Plessis reeds die afgelope maand of wat vir die Haaie in die Curriebeker-reeks uitgedraf het.

Jacobs het pas weer begin speel.

Bakkies Botha, wat maar twee Super14-wedstryde en drie toetse vir die Bokke gespeel het, sou ná ’n skorsing van nege weke ook Saterdag tot die veld terugkeer.

Sport24 kan vandag onthul dat die Westelike Provinsie, Vrystaat en die Haaie beswaar aangeteken het teen die insluiting van enige gekontrakteerde Bokke vir dié naweek se Curriebeker-rugby.

Veral Botha se insluiting by die Blou Bulle het die meeste reaksie ontlok.

Die Blou Bulle het dus geen ander keuse gehad nie as om Botha uit die span te laat wat Saterdag in Bloemfontein teen die Vrystaat speel.

Die Bulle se voorspeler-afrigter, Johann van Graan, het gesê Botha is eers gisteroggend meegedeel dat hy nie die naweek kan speel nie.

“Bakkies was baie teleurgesteld. Hy het die laaste nege weke baie hard aan sy kondisionering gewerk en was gretig om op die veld te kom.

Hy wou bitter graag speel. Dit is egter nie ons besluit nie en Bakkies verstaan dit ook nie lekker nie. Hy het beslis die tyd op die veld nodig.”

Die unie gaan egter nie sy belofte verbreek dat Gurthrö Steenkamp vir die volgende maand aan die Curriebeker-reeks onttrek gaan word nie.

Steenkamp het nie ’n Bok-kontrak nie, maar het die hele Super14 en in feitlik al die Springbok-toetse vanjaar gespeel.

Dié optrede is in nasionale belang, het die Bulle se afrigter, Frans Ludeke, gesê.

Botha (Blou Bulle), Jacobs (Haaie) en Ricky Januarie (WP) gaan dus nié in die volgende paar weke broodnodige wedstrydoefening kry nadat hulle skaars dié seisoen gespeel het nie.

Ook CJ van der Linde, wat net vir die Curriebeker-reeks deur die Cheetahs gekontrakteer is, gaan weinig waarde vir dié provinsie hê.

Dit steek ook ’n ernstige stok in die wiel van die nasionale afrigter, Peter de Villiers, se planne vir die Springbokke se toer na Ierland en die Verenigde Koninkryk.

Die Bokke vertrek in November op ’n Grand Slam-toer en speel in toetse teen Ierland, Skotland, Wallis en Engeland én in ’n wedstryd teen die Britse Barbarians.

Die getal wedstryde en minute op die veld wat sekere senior spelers, onder wie John Smit, Victor Matfield, Pierre Spies en Morné Steyn, vanjaar reeds gespeel het, het De Villiers verlede week laat erken dat dié spelers heeltemal te veel rugby gespeel het.

’n Ruskans en waardevolle kondisionering vir hulle is noodsaaklik, maar so ook was speeltyd vir spelers soos Botha, Jacobs, Januarie en selfs Du Plessis en Beast Mtawarira.

Lede in die Bok-bestuurspan is glo erg omgekrap oor dié toedrag van sake.

Die ommeswaai oor sekere spelers en die realiteit dat moeë spelers (soos Steenkamp) mág speel en uitgeruste spelers (Jacobs en Botha) nié, laat die hele kondisioneringsprogram soos ’n grap lyk, word gesê.

Die Bok-bestuurslede is veral ontevrede omdat hulle geen sê in die verband het nie, maar soos die skuldiges en onbeholpe lyk.

Die groep wat tot 6 Oktober nie sal speel nie, is: Victor Matfield, Danie Rossouw, Bakkies Botha, Wynand Olivier, Morné Steyn, Fourie du Preez, Pierre Spies (almal Blou Bulle), John Smit, Bismarck du Plessis, Tendai Mtawarira, JP Pietersen, Adrian Jacobs (Haaie), Schalk Burger, Jaque Fourie, Bryan Habana, Ricky Januarie, Andries Bekker (almal WP), Juan Smith, Heinrich Brüssow en CJ van der Linde (almal Vrystaat-Cheetahs). 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.