Bokke ‘kan baat vind by JP-skuif’

2012-02-06 22:05

Die Springbok-vleuel JP Pietersen het in die Sharks se proefwedstryd in Durban goed as buitesenter vertoon, volgens die span se breier, John Plumtree. Foto: Steve Haag, Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG. – ’n Kragonderbreking het die Sharks se rugby-proefwedstryd verlede Vrydagaand kortgeknip, maar nie voordat JP Pietersen gewys het hy het wat dit verg om ’n goeie buitesenter te wees nie.

Hul afrigter, John Plumtree, wil nie nou al té opgewonde raak nie, maar glo dit kan selfs vir die Springbokke goeie nuus wees as Pietersen ’n suksesvolle skuif na die nr. 13-trui kan maak.

“Ek is versigtig oor wat kan voorlê, maar met die leemte wat gelaat word met Jaque Fourie se skuif na Japan, kan JP dalk net die speler wees wat daardie gaping kan vul,” het hy gesê.

Die laaste kwart van die Sharks se proefwedstryd kon nie plaasvind nie, aangesien die stadion in donkerte gehul was.

Pietersen se goeie vertoning as buitesenter én sy kombinasie met Meyer Bosman was van die ligpunte van die proefstryd.

Bosman was uitstekend, terwyl die jong Fred Zeilinga ook die kans as skrumskakel gebruik het om die aandag op hom te vestig. Hy het ’n puik individuele drie gedruk deur 60 meter ver onder sy teenstanders uit te hardloop en hy en die Fransman Frederic Michalak het besonder goed gekombineer.

Die veteraan-flank Jacques Botes het gewys hy is nog glad nie reg om net eenkant toe gegooi en van vergeet te word nie.

As oopkantflank het hy eintlik ’n veel beter vertoning gelewer as die nuwe kaptein van die Sharks, Keegan Daniel.

Die jong slot Pieter-Steph du Toit wat selfs in ’n stadium flank gespeel het, was baie woelig en het niks gedoen om sy jong reputasie te skaad nie.

Die stryd tussen die slotte gaan intens wees, met Ross Skeate­, Alistair Hargreaves, Anton Bresler en Jandré Marais wat almal goed ingeklim het.

Plumtree kry Vrydagaand op Kingspark in Durban teen die Boland die kans om nog kombinasies op die proef te stel. Aanstaande Vrydagaand in Port Elizabeth wil hy teen die OP-Kings met die span speel waarmee hy op 24 Februarie in die Sharks se eerste Super-wedstryd, teen die Bulls in Pretoria, wil uitdraf.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.