Bokke skree vir Aussies

2010-07-29 22:38

KAAPSTAD

By die 90 000 mense is oorgehaal om op 21 Augustus in Soweto deel van die grootste skare by ’n rug-bytoets in Suid-Afrika sedert 1955 te wees, maar die ironie is dat die Drienasies-reeks vir alle praktiese doeleindes reeds vroeg môremiddag vir die Springbokke neusie verby kan wees.

Klop die All Blacks môre die Wallabies in Melbourne (afskop: 12:00 SA tyd) en behaal hulle ’n derde bonuspunt vir vier drieë in vanjaar se reeks, is daar beswaarlik ’n wiskundige buitekans vir die Bokke om hul kroon te behou – dit voordat hulle eens ’n tuistoets in vanjaar se reeks kon speel.

’n All Black-oorwinning sal hul positiewe punteverskil van 34 per definisie vergroot, terwyl die Springbokke se punteverskil 51 in die rooi is ná hul bedremmelde toer deur Nieu-Seeland en Australië.

Al is dit glad nie vergesog dat die Bokke al drie hul oorblywende toetse op die Hoëveld kan wen nie, sal hulle dus in die proses meer as 85 punte op die Kiwi’s moet inhaal in drie toetse, wat vergesog lyk in ag genome hul speelstyl tot dusver in die reeks.

Die suksesresep van sowel die Bulls as die Stormers tydens vanjaar se Super14-reeks is geskoei op geduld en besit, maar die Bokke het nie gewyk van hul 2009-suksesresep nie en gans te veel besit weggeskop.

Dit beteken die kans op ’n dosyn drieë in drie toetse is minder as skraal.

Waar die Bokke in 2009 geïllustreer het hoedat ’n taktiese skop so goed is as die jaagtog daarna, kon hulle nie eens vanjaar op dié manier druk op teenstanders laai nie.

Met vanjaar se Drienasies-trofee dus nou vir alle praktiese doeleindes “geskiedenis”, los dit ’n groot kopkrappery vir die Springbok-keurders: bied hierdie nie dalk die laaste, beste kans vir proefnemings voor aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland nie? Of is die herstel van verlore eer nou van groter belang vir Suid-Afrikaanse rugby?

En het ’n varser kombinasie nie dalk juis ’n beter kans om ’n bietjie eer in Suid-Afrika te herwin nie?

Uit Melbourne berig Sapa-AFP dat dit maar ook tiekie-halfkroon met die Australiese rugbyspan gaan om te keer dat hy ’n agtste atgereenvolgende nederlaag teen die All Blacks op die lyf loop.

Die vorige keer dat die Kiwi’s hul buurman van anderkant die Tasman-see só lank oordonder het, was weerskante van die Tweede Wêreld-oorlog.

Om te onderstreep dat Richie McCaw se All Blacks-span tans dié vorm-vyftiental in wêreldrugby is: ’n oorwinning in Melbourne sal dit die Kiwi’s se 12de agtereenvolgende sege maak sedert die einste Bokke hulle verlede September in Hamilton tot binne in ’n liederlike aanval van selfondersoek gespeel het.

Die Wallabies is egter ook goed bewus daarvan dat hulle in vyf van hul vorige ses toetse teen Nieu-Seeland met die rustyd voorgeloop het en reken hulle makeer net ietsie ekstra om die bordjies te verhang.

Maar dit kan neuk sonder hul geskorste spelskepper Quade Cooper, hoewel Matt Giteau as losskakel in dié se plek en Berrick Barnes as binnesenter beswaarlik grappe is.

Die Bledisloebeker bly al sedert 2003 in Nieu-Seeland en dis ’n dapper man wat daarteen sal wed dat dit weer gaan gebeur.

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...