Brad een van SA trio teen Skotte

2012-02-02 21:45

Brad Barritt in die kleure van Saracens en Mouritz Botha is van die Suid-Afrikaners wat môre vir Stuart Lancaster (tussentydse afrigter) se Engelse span teen Skotland in aksie gaan wees. Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BAGSHOT. – Brad Barritt, ’n voormalige senter van die Haaie en die Opkomende Springbokke, maak môre sy buiging vir Engeland se rugbyspan in die Rose se eerste Sesnasies-wedstryd van die jaar – teen Skotland in Edinburg.

Barritt (25) het Suid-Afrika in 2008 verlaat nadat die Haaie die Curriebeker gewen het om vir Saracens te gaan speel.

Hy kwalifiseer danksy sy grootouers en ouers se herkoms om vir Engeland te speel.

Sy een Saracens-spanmaat, die 20-jarige Owen Farrell, is sy sentermaat.

Hulle is die eerste senterpaar sonder toetservaring wat sedert 2002 vir Engeland speel en dít is iets wat die Engelse laas in 1969 in dié reeks gewaag het.

Engeland se tussentydse afrigter, Stuart Lancaster, het nog ’n Suid-Afrikaner van Saracens, die slot Mouritz Botha, in die beginspan gekies.

Botha het nog net een toets vir die Engelse gespeel.

Lancaster het die groentjie-agtsteman, Phil Dowson, ook ingesluit en het oor die algemeen ’n uiters onervare span gekies.

Hy beoog om die span te herbou ná die skandes van 2011 se Wêreldbeker-toernooi.

Nog ’n Saracens-speler, die losskakel Charlie Hodgson, is weer terug in die span en gaan die mees ervare speler in die beginspan (met 36 toetse) wees.

’n Ander Suid-Afrikaner van geboorte, die stut Matt Stevens, het al in 39 toetse gespeel, maar is ’n plaasvervanger.

Altesame 7 lede van die beginspan durf die wedstryd aan met minder as 10 toetse op hul kerfstok, met die Harlequins-flank Chris Robshaw wat die span in sy tweede toets lei.
Skotland se beginspan het in 501 toetse gespeel, teenoor Engeland se 236.

Die Engelse span is: Ben Foden, Chris Ashton, Brad Barritt, Owen Farrell, David Strettle, Charlie Hodgson, Ben Youngs, Phil Dowson, Chris Robshaw (k), Tom Croft, Tom Palmer, Mouritz Botha, Dan Cole, Dylan Hartley, Alex Corbisiero.

PLAASVERVANGERS: Rob Webber, Matt Stevens, Geoff Parling, Ben Morgan, Lee Dickson, Jordan Turner-Hall, Mike Brown.

Die oud-Griekwas-skrumskakel Tobie Botes (27) kan ook môre sy toetsbuiging maak nadat hy as plaasvervanger vir Italië vir die wedstryd teen Frankryk gekies is.


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.