Bulls tussen twee vure voor Polokwane-stryd, sê Ludeke

2012-02-10 21:43

POLOKWANE. – Die rugbywedstryd vandag hier in die Peter Mokaba-sta­dion tussen die Bulls en die Cheetahs is nie een waar tweestryde ’n besprekingspunt moet wees nie.

Daarvoor is daar in spanverband heeltemal te veel op die spel.

Die Bulls het hul eerste behoorlike losmaker vanjaar waar ’n nuwe kombinasie in die middelveld ’n belangrike uitslagbepaler gaan wees. Die Cheetahs mik weer na die beste agterste driehoek vir die Super-reeks, wat op 24 Februarie begin.

Dan is daar ook die tegniese doelwitte, met veral die afbreekpunte wat albei afrigters en beslis die skeidsregter, Jaco Peyper, met ’n valkoog sal dophou.

Peyper, Deon Stegmann (Bulls) en Heinrich Brüssow (Cheetahs) mag dalk hul rugby by dieselfde hoër­skool (Grey-kollege) geleer het, maar van eenstemmigheid oor wie hande op die bal mag hê, gaan beslis nie veel sprake wees nie.

Soos oor wie die beste baljagter tussen die twee oud-spanmaats en -skoolmaats is, hoe vanjaar se toepassings dié twee gaan beïnvloed en natuurlik wie later vanjaar deur die nuwe Bok-breier, Heyneke Meyer, ingespan gaan word.

Meyer se planne gaan egter hoegenaamd nie ’n invloed hê op hoe die Bulls-breier, Frans Ludeke, oor die wedstryd dink nie. “Ons het klaar besluit wat dit is wat ons wil bereik. ’n Mens is ’n bietjie tussen twee vure, want jy wil sekere goed probeer en seker maak dit werk, maar jy wil ook nie alles wys wat nuut is nie.

“Ons gaan dus op sekere goed fokus en die Cheetahs sal seker op hul dinge fokus. Ons wil uitgaan, goeie rugby speel en die regte uitslag bewerkstellig.”
 
Die Cheetahs het in 2009, toe die spanne láás hier gespeel het, met 20-16 gewen, maar waar die Bulls eindelik die reeks op skouspelagtige wyse gewen het, het die sentrale streekspan verwelk en onder die agterosse klaargemaak.

Die uitslag is dus van akademiese belang, maar as die telbord wel ’n getroue weergawe gaan wees van wat op die veld gebeur, wag daar kopkrap op Ludeke of die Cheetahs-afrigter, Naka Drotské.

- Die spanne is:

Bulls: Zane Kirchner, Akona Ndungane, Johann Sadie, Francois Venter, Bjorn Basson, Morné Steyn, Francois Hougaard, CJ Stander, Dewald Potgieter, Deon Stegmann, Juandré Kruger, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Chiliboy Ralepelle (k), Dean Greyling.

PLAASVERVANGERS: Willie Wepener, Frik Kirsten, Wilhelm Steenkamp, Arno Botha, Jano Vermaak, Louis Fouché, JJ Engelbrecht.

Cheetahs: Willie le Roux, Rayno Benjamin, Robert Ebersohn, Philip Snyman, Rocco Jansen, Johan Goosen, Piet van Zyl, Davon Raubenheimer, Ashley Johnson, Heinrich Brüssow, Izak van der Westhuizen, Andries Ferreira, WP Nel, Adriaan Strauss (k), Trevor Nyakane.

PLAASVERVANGERS: Ryno Barnes, Lourens Adriaanse, Francois Uys, Philip van der Walt, Tewis de Bruyn, Sias Ebersohn, Hennie Daniller, Andries Strauss. Afskop: 17:00
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.