Cheetahs ‘rus met vertroue’ ná sege

2010-03-09 22:43

Die Cheetahs se slot-vonds, Waltie Vermeulen, was Saterdag een van die sterre in die tuisspan se sege van 28-12 oor die Hurricanes. Hy slyp verlede Vrydag tydens die Cheetahs se kapteinsoefening voor dié kragmeting.Foto: Maradine Whitehorn

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BLOEMFONTEIN

Ná hul beste vertoning in die Super14-reeks teen die Hurricanes sou die Cheetahs waarskynlik dadelik op hul goeie spelpeil wou voortbou, maar die span se breiers meen nie sy loslootjie sal hom pootjie nie.

Dié rugbyspan en die Blues sal nie die naweek in aksie wees nie. Die Cheetahs speel eers weer aanstaande Saterdag – teen die Stormers op Nuweland in Kaapstad.

Die spelers is ná die sege van 28-12 oor die Hurricanes ’n welverdiende blaaskans gegun en sal eers weer môre saamtrek om vir die Stormers-kragmeting te begin slyp.

Die Cheetahs het met hul oorwinning oor die ’Canes gewys hulle wil méér doen as net meeding.

Daarom meen Naka Drotské, die Cheetahs-breier, dat hoewel die loslootjie nou nie ideaal is nie, sy span met selfvertroue kan rus.

“Ons sou graag die wenmomentum wou behou, maar daar is niks wat ons aan die loslootjie kan doen nie – dis tog immers al lankal voor die reeks so bepaal.

“Dalk is dit ’n goeie ding dat ons met selfvertroue kan rus,” sê hy.

Daarmee bedoel die breier beslis nie dat sy span oorgerus sal raak nie.

Volgens hom is dit uiters belangrik dat die Cheetahs veral op hul laaste twee wedstryde in Suid-Afrika – dié teen die Stormers en hier teen die Reds – moet fokus, voordat hulle op die vliegtuig vir die taai toer na Australasië klim.

“Ons moet aangeskakel bly vir die twee wedstryde in Suid-Afrika voor ons op toer gaan.

“Dis belangrik om positief te bly voor die toer.”

Juis met die Cheetahs se wissevalligheid in gedagte, sou ondersteuners dalk eerder wou hê hul span moet die wenmomentum behou as om vir ’n wyle laag te lê.

Almal weet dié streekspan kan op sy beste enige teenstander laat les opsê. Maar dis die Cheetahs se onvermoë om agtereenvolgende seges te behaal wat steeds by die span spook.

Die Cheetahs kon laas in 2006 in die Super-reeks twee of meer wedstryde ná mekaar wen. Daardie jaar het hulle juis agtereenvolgens met die Hurricanes, Stormers en Reds afgereken.

Hulle het vanjaar tussen hul seges oor die Sharks en Hurri­canes teen die Highlanders vasgeval.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.