Diepte is daar, wys Blou Bulle

2012-02-10 21:43

Daniel Adongo

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PRETORIA. – ’n Gerusstellende wete dat sy diepte daar is, nog meer gerusstellende nuus dat Rayno Gerber steeds dieselfde ou yster is van vóór Frankryk se eskapades en ’n opwindende vooruitblik op die toekoms – en sy naam is Daniel Adongo.

Dié Keniaan, wat verlede jaar nog by die Sharks was, het drie keer gaan druk en hoewel dit almal ná voorspelerdryfspel was, was dit eerder sy spel in die los wat beïndruk het.

Dit was die pluspunte vir die Blou Bulle ná hul vriendskaplike wedstryd hier op Loftus Versfeld se B-veld in ’n sege van 33-29 oor hul eweknieë van die Vrystaat, maar die besoekers sou self redelik rustig gaan slaap het ná die redelik gelykop-stryd.

Die besoekers het twee kanse om pale toe te mik in die laaste minute verspeel en eerder kantlyn toe gemik, maar deurkomkans was min.

Dit was ’n taaie dié, met die spanne wat baie goed teen mekaar opgeweeg het.

Die Vrystaat se krag het gelê in hul voorspelers se dryfspel, terwyl die Bulle se beste spel uit gebroke spel voortgevloei het.

Dít was wanneer Adongo en Jean Cook in spel gekom het.

Sias Ebersohn het die telbord aan die rol gekry en daarna was dit wipplank tot die einde.

Cook het gedruk voordat Lou­rens Adriaanse oorgedryf is. Daarna is Adongo een keer voor en twee keer ná rustyd oorgedryf en Marcel van der Merwe is oor nadat sý pak hard in die loopgraaf geveg het. Barry Geel het ná ’n goeie teenaanval gedruk voordat ’n wegholdrie deur Sampie Mast­riet die Bulle laat asemskep het.

’n Drie deur Dusty Noble het weer albei spanne die wenpaal laat sien.

Gerber, Cook, Adonga en Ulrich Beyers het gewoel vir die wenspan.

Adriaanse, Riaan Smit en Noble was hul span se uitblinkers.

- Puntemakers:

Blou Bulle 33 (12): Drieë: Daniel Adongo (3), Jean Cook, Sampie Mastriet. Doelskoppe: Lionel Cronjé (4).
Vrystaat 29 (17): Drieë: Lourens Adriaanse, Marcell van der Merwe, Barry Geel, Dusty Noble. Doelskoppe: Sias Ebersohn (2), Riaan Smit. Strafdoel: Ebersohn.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.