Engelse ‘is vol vuur’

2012-02-05 21:36

Jonathan Davies van Wallis op pad na sy tweede drie in gister se Sesnasies-wedstryd teen Ierland in die Aviva-stadion in Dublin. Wallis het ’n naelbyt-sege behaal.Foto: Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG. – Die vuur wat Engeland in Saterdag se sukkelsege in die Sesnasies-reeks met 13-6 oor Skotland op Murrayfield gewys het, dui op goeie dinge vir die span se toekoms.

Só glo Brendan Venter wat as tegniese direkteur van Saracens verskeie van sy rugbyklub se spelers as nuwelinge in die Engelse toetsspan dopgehou het.

Engeland toer in Junie na Suid-Afrika en gaan in drie toetse teen die Springbokke speel. Dit sal ook die nuwe Bok-breier, Heyneke Meyer, se eerste groot vuurdoop wees.

Eergister het die Engelse tussentydse afrigter, Stuart Lancaster, wat nog nie weet of hy die span in Suid-Adfrika sal slyp nie, met ’n uiters onervare span geseëvier en anders as baie ander kenners, was Venter beïndruk met die jong Engelse.

“As ’n span met vuur speel, kan dit ’n groter toets wees as wanneer ’n geoliede span sonder vuur speel.

Dit is ’n nuwe span en hulle (spelers) het gespeel soos ’n nuwe span waarin die kombinasies nog redelik onbekend is. Maar hulle gaan net beter word.

“Dit is moeilik om hulle aanvanklik te meet, maar hul veggees wás indrukwekkend.”

Skotland kon ondanks heelwat balbesit en verskeie kanse nie die Engelse doellyn oorsteek nie.

“Ek dink Engeland was die beste span,” het Venter gesê.

“Die kere dat Skotland die lyn gebreek het, was gewone verdedigingsfoute, nie struktuurfoute nie.”

Venter het Engeland se Suid-Afrikaanse tweetal van Brad Barritt (senter) en Mouritz Botha (slot) uitgesonder.

“Brad en Mouritz was sleutelspelers in die verdedigingspatroon. Brad het ongelooflik verdedig.”

Intussen was Lancaster verheug dat sy span gewen het, ongeag hoe moeilik dit was.

“Dit (Murrayfield) is ’n moeilike plek om te kom wen, daarom was dit ’n baie goeie uitslag,” het hy volgens planet-rugby.com gesê.

“Daar was nog heeltyd vertroue in dié nuwe spelers gewees en ons is bly ons is van die merkie af. Maar dit is maar net stap een.”

Puntemakers: Engeland 13 (3): Drie: Charlie Hodgson. Doelskop: Owen Farrell. Strafdoele: Farrell (2). Skotland 6 (6): Strafdoele: Dan Parks (2).

In Dublin het Wallis gister ’n rillerstryd met 23-21 oor Ierland met ’n strafdoel in die laaste minuut se speeltyd beklink.

’n Twyfelagtige beslissing van die blaser, Wayne Barnes, oor ’n boorvat deur die Ierse flank Stephen Ferris het tot die strafdoel gelei waarmee Wallis se Leigh Halfpenny die stryd gewen het.

Wallis het juis in verlede jaar se Wêreldbeker-halfeindstryd teen Frankryk in die stof gebyt nadat sy kaptein, Sam Warburton, vroeg weens ’n boorvat met ’n rooikaart van die veld gejaag is.

Gister het ’n soortgelyke storie hom byna afgespeel toe die Rooi Drake se Bradley Davies met 15 minute se speeltyd oor weens ’n boorvat na die koelkas gejaag is.

Net daarna het Ierland se Tommy Bowe ’n drie gaan druk.

Maar Ferris se boorvat is daarna ewe streng gestraf en Halfpenny kon dié sensasionele wedstryd wen.

Puntemakers: Wallis 23 (5): Drieë: Jonathan Davies (2), George North. Doelskop: Leigh Halfpenny. Strafdoele: Halfpenny (2). Ierland 21 (10): Drieë: Rory Best, Tommy Bowe. Doelskop: Jonathan Sexton. Strafdoele: Sexton (3).

In Saterdag se ander wedstryd het Frankryk redelik gemaklik teen Italië met 30-12 gewen.

Puntemakers: Frankryk 30 (15): Drieë: Aurelien Rougerie, Julien Malzieu, Vincent Clerc, Wesley Fofana. Doelskoppe: Dimitri Yachvili (2). Strafdoele: Yachvili (2). Italië 12 (6): Strafdoele: Kristopher Burton (2), Tobie Botes. Skepdoel: Burton.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

207 XS 1.6 HDi Dsl 5-dr
2007
R 159,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

PORSCHE

CAYENNE S TIPTRONIC
2005
R 359,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.