Griekwas lus vir Luiperds; wil nie kleitrap in wegwedstryde
2010-07-29 22:38
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
JOHANNESBURG
Griekwas wil waak teen sy ou gewoonte van kleitrap in wegwedstryde wanneer hy vanaand vir ’n Curriebeker-kragmeting met die Luiperds op Olënpark in Potchefstroom aantree.
Die Poubloues blaf tot dusver vanjaar weer soos ’n groot hond in die Curriebeker-rugbyreeks. Dié span wag nietemin nog op ’n eerste wegsege in 2010 nadat hy onlangs teen die Vrystaat-Cheetahs in Bloemfontein verloor het.
Die Poubloues se twee oorwinnings, oor die Haaie en die Leeus, was in Kimberley.
Die wedstryd teen die Luiperds bied ’n uitstekende kans vir ’n weg-sege.
Verlede jaar het Griekwas van hul beste vertonings in jare in wegwedstryde gelewer en het hulle teen die Cheetahs, die Leeus, die Luiperds én die Boland gewen.
Hulle het die Luiperds toe wel met net een punt geklop en kan weer kwaai teenstand in Potchefstroom verwag.
Van 2006 tot 2008 het Griekwas altesaam ook net drie wegwedstryde gewen.
Intussen het Griekwas se verwagtinge toegeneem en aangesien die Poubloues se visier op die halfeindronde is, sal niks minder as ’n oorwinning voldoende wees nie.
Griekwas is ’n gebalanseerde span wat op papier veel sterker as die tuisspan lyk.
Die oud-Potchefstromer Naas Olivier het die Leeus verlede week met sy stelskopwerk gelooi omdat die Johannesburgers 20 strafskoppe afgestaan het.
Die Luiperds kan ook soms nalatig wees en moet dié keer tot elke prys probeer verhinder dat Olivier baie kanse kry pale toe.
Tog was daar vooruitgang te bespeur in hul nederlaag van 23-42 teen die Westelike Provinsie verlede week.
Die spanne is:
Luiperds: Danie Dames, Deon Scholtz, Jovan Bowles, Walter Venter, Dumisani Matyeshana, Neill Jacobs, Michael Bondesio, Riaan Swanepoel, Wilhelm Koch (k), Danie Crous, Draad Linde, Anthonie Gronum, Os van der Walt, Gavin Williamson, Divan Kotze.
PLAASVERVANGERS: Pellow van der Westhuizen, Aranos Coetzee, Brad Mockford, Christo van Niekerk, Theo van Wyk, Clayton Durand/Cecil Dumond, Bom Samaai
Griekwas: Riaan Viljoen, Richard Lawson, Wilmaure Louw, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier (k), Sarel Pretorius, Davon Raubenheimer, Wesley Wilkins, Rohan Kitshoff, Cecil Kemp, Frikkie Spies, Jacobie Adriaanse, Ryno Barnes, Steph Roberts.
PLAASVERVANGERS: Simon Westraadt, Jean Botha, Michael Passaportis, Gerhard Human, Marnus Hugo, Matthew Rosslee, Rocco Jansen.
Skeidsregter: Sindile Mayende.
Afskop: 19:00.