Haaie wil só toeslaan

2010-07-29 22:38

JOHANNESBURG

Die Haaie se grofgeskut is vir môre se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Vrystaat-Cheetahs in Bloemfontein op die plaasvervangersbank.

Met drie Springbokke – Ruan Pienaar, Jean Deysel en Beast Mtawarira – en die stewige losvoorspeler Willem Alberts wat sake aanvanklik van die kantlyn gaan dophou, sal die Haaie waarskynlik probeer om in die tweede helfte ’n groot impak te maak.

Vier veranderinge is aan die span gemaak wat gesukkel het om die Pumas te klop. In die enigste verandering aan die agterlyn keer Steve Meyer terug as losskakel ná sy enkelbesering.

Die Haaie se voorste driedrukker, Keegan Daniel, skuif van agtsteman na flank om plek te maak vir Ryan Kankowski, een van die terugkerende Bokke.

Hy is die enigste van die Bok-afrigter, Peter de Villiers, se stert tussen die bene-Bokke wat in die beginspan is.

Die slot Alistair Har­greaves sukkel met ’n kuitbesering en dit gee aan die oud-Kapenaar Ross Skeate die kans om die eerste keer vir die Haaie te begin.

John Plumtree, die Haaie se afrigter, erken Alberts, Deysel en Mtawarira sal in die tweede helfte ’n belangrike rol hê.

Wanneer die asems begin jaag, sal hulle hul toetrede maak en met hul kragspel die Cheetahs op die agtervoet moet probeer dwing.

“Hulle sal die tempo van die spel moet verhoog,” sê die Durbaniete se breier.

Pienaar kan as losskakel óf skrumskakel ook ’n beduidende invloed op die spel in die laaste deel hê.

Omdat dié veelsydige Bok vroeër vrygestel is om na die Ierse klub Ulster te gaan, het hy net ’n maand oor in die Haaie se trui.

Die Haaie-span is:
Louis Ludik, JP Pietersen, Stefan Terblanche (k), Patrick Lambie, Lwazi Mvovo, Steve Meyer, Charl McLeod, Ryan Kankowski, Keegan Daniel, Jacques Botes, Ross Skeate, Steven Sykes, Wiehahn Herbst, Craig Burden, Patric Cilliers.
PLAASVERVANGERS: Kyle Cooper, Beast Mtawarira, Eugene van Staden, Willem Alberts, Jean Deysel, Ruan Pienaar, Andries Strauss.

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Service Line Manager: Water

Gauteng
Master Career Consulting

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...