Hargreaves na Sharks ontbied

2010-03-09 22:43

Kaapstad. – Alistair Hargreaves is gister na Australië ontbied om, indien nodig, die Springbok-slot van die Sharks Johann Muller in Saterdag se Super14-rugbystryd teen die Brumbies te vervang.

Muller het in die Durbaniete se openingswedstryd teen die Chiefs ’n hou teen die kop gekry en sedertdien sukkel hy met ’n vasgeknypte senuwee.

Hargreaves het in die daaropvolgende week teen die Cheetahs uitgedraf, maar is daarna om fiksheidsredes tuis gelos toe die span na Nieu-Seeland vertrek het.

Die Sharks se breier, John Plumtree, het egter meer as net Muller se skete om hom oor te bekommer voordat sy span teen die Brumbies uitdraf.

Odwa Ndungane (vleuel; dyspier) en Keegan Daniel (flank; hou teen kop) sal straks nie vir hierdie wedstryd beskikbaar wees nie.

Maar ondanks vier opeenvolgende nederlae is die span nog nie in sak en as nie.

Die Sharks ag hulself baie ongelukkig nadat hulle die afgelope naweek met 21-25 teen die Waratahs vasgeval het.

Hieroor het Plumtree op die Sharks se webwerf geskryf: “Daar was groot besluite wat teen ons gegaan het en wat ons helaas die wedstryd gekos het.

“Almal praat sedertdien oor Stefan (Terblanche) se aangee na Ryan (Kankowski) wat deur die siniese Kurtley Beale afgeklap is. Dit sou ’n seker drie gewees het.

“En daar was ’n aangee na Bismarck du Plessis wat as vorentoe beoordeel is, maar wat by nadere ondersoek as wettig bewys is en ook tot ’n drie sou gelei het.”

Maar, het hy bygevoeg: “Daar is tekens dat ons wel ons spel lig, hoewel ons uitvoering nog nie so akkuraat is as wat ons dit verkies nie.

“Ons het nodig dat al ons basiese fasette terselfdertyd reg werk. Want in dié stadium doen ons een ding reg, maar ons jaag weer in ’n volgende faset aan.”

Plumtree het daarop gewys dat daar oomblikke in die Waratahs-wedstryd was waarin alles reg verloop het, en dat die nuwe reëltoepassing by doodvatte ’n span toelaat om goeie fasespel op te dis.

Die Sharks se dissipline laat hom egter erg frons. “Dit pla my nou al ’n geruime tyd, en ek het vir die spelers ná die wedstryd gesê die volgende een wat ’n geelkaart kry, kry ’n rooie by my.

“Maar ek is regtig positief oor die span se karakter. Dit verg baie om van ’n 14-25 agterstand terug te veg soos wat ons Saterdag gedoen het. Ons sal bly voortveg,” het die Nieu-Seelander beloof.  

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.