Hulle het Kaap-kloue

2010-07-29 22:38

Die Pumas se Elgar Watts spel vanaand gevaar vir die WP op Nuweland. Foto: Duif du Toit, GALLO IMAGES

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KAAPSTAD

Dis ’n Pumas-span met ’n Kaapse geur wat vanaand na Nuweland opruk en daarom sal die Westelike Provinsie op sy tone vir dié Curriebeker-rugbystryd moet wees.

Dis veral die besoekers se twee losskakels – Elgar Watts en Ricardo Croy – wat ’n punt sal wil bewys. Watts het aan die einde van 2008 die Boland se Premierliga-status vir nog ’n seisoen help verseker met ’n puik individuele vertoning in ’n promosie-relegasie-wedstryd teen die Griffons in Wellington.

Die 24-jarige oud-Bolander het toe in ’n sege van 54-15 vier drieë gedruk en het twee naweke gelede ook ’n puik dag met ’n driekuns teen die Luiperds gehad.

Watts het in 2009 nie werklik vir die Kavaliers beïndruk nie, maar as hy die dag op sy stukke is, hou sy kreatiwiteit en balverspreiding ’n wesenlike gevaar in.

Sou hy nie die mas opkom nie, kan die Pumas hulle altyd op Croy beroep.

Dié voormalige WP-speler het verlede week die Pumas se nr. 10-trui gedra en verlede jaar ook 20 van die SWD se punte aangeteken toe hy die WP se Vodacombeker-span met 28-19 geklop het.

Allistair Kettledas se 18 drieë in 2009 se opmars na promosie uit die Eerste Liga getuig ook van die gevaar wat die voormalige SWD-vleuel inhou.

Onder die losvoorspelers is Junior Bester ook ’n oud-Bolander.

Voeg daarby dat die Pumas verlede week met die aanbreek van rustyd teen die Haaie in Durban voorgeloop het, en jy besef dat die WP niks as vanselfsprekend moet aanvaar nie.

Die Streeptruie se ondersteuners sal nietemin niks anders nie as ’n roetine-sege verwag. Hulle is bo-aan die puntelys en die agterlyn is boonop vandeesweek met Juan de Jongh en Gio Aplon op buitesenter en regtervleuel onderskeidelik versterk.

Die spanne is:
WP: Conrad Jantjes, Gio Aplon, Juan de Jongh, Paul Bosch, Frikkie Welsh, Willem de Waal, Conrad Hoffmann, Duane Vermeulen, Rynhardt Elstadt, Pieter Louw, Anton van Zyl (k), Adriaan Fondse, Brok Harris, Tiaan Liebenberg, JD Moller.
PLAASVERVANGERS: Hanyani Shimange, JC Kritzinger, Martin Muller, Pieter Myburgh, Louis Schreuder, Lionel Cronjé, JJ Engelbrecht.

Pumas: Carl Bezuidenhout, Ashwin Scott, Tiaan Marx, Siviwe Magaba, Allistair Kettledas, Elgar Watts, Jacques Coetzee, Christo le Roux, Junior Bester, Corné Steenkamp, Marius Coetzer, Willem Serfontein, Ashley Buys, Hannes Franklin, Ronnie Uys.
PLAASVERVANGERS: DJ Terblanche, Dawie Steyn, Torsten van Jaarsveld, Andries Kruger, Pieter Meyer, Shaun Venter, Ricardo Croy.

Skeidsregter: Pro Legoete.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.