John glo Jantjies (19) het slaankrag

2010-07-29 22:38

Die jong Elton Jantjies sal môre die nr.?10-trui van die Leeus teen die Blou Bulle aantrek in hul Curriebeker-wedstryd in Johannesburg. Foto: Christiaan Kotze

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG

John Mitchell soek ’n losskakel vir die Leeus wat vir teenstanders op die aanval kan naels wys.

Dáárom het hy besluit om die tiener Elton Jantjies môre op Coca-Colapark teen die Blou Bulle in te span.

In die Goudstad gons dit oor dié begaafde losskakel van die Jong Bokkies.

Tog is dit ’n baie groot uitdaging wat vir die jongeling voorlê, want om met welslae in dié sleutelposisie teen die Curriebeker-kampioene te speel, is geen grap nie.

Mitchell, afrigter van die Leeus-rugbyspan, glo egter nie Jantjies (19) word vir die wolwe gegooi nie.

“Elton is reeds vier weke deel van ons groep en hy het selfvertroue. Ons wil slaankrag op losskakel hê. Daarbenewens kan hy wedstryde beheer en ruimte op die veld raaksien. Daar wag ’n groot toekoms op hom,” het Mitchell gister gesê.

Jantjies se insluiting kom ten koste van Herkie Kruger, wat nie eens ’n plaasvervanger is nie.

Die plaasvervanger-losskakel, Carlos Spencer, is ’n volle 16 jaar ouer as Jantjies, maar kan ook môre sy Curriebeker-buiging maak.

“Die keuse van Carlos én Elton het te make met die feit dat ons meer ambisieus op die aanval wil wees.

“Dan is daar ook nog Jano Vermaak wat ’n bedreiging kan wees. As jou skrumskakel én losskakel gevaarmanne is, maak dit die (teenstanders se) verdediging soveel meer onseker,” glo die afrigter.

Vermaak en die binnesenter, Doppies la Grange, moet hul ervaring teen die Bulle laat geld deur Jantjies by te staan. Met La Grange terug in die span, skuif Waylon Murray na buitesenter.

Dit is sy gereelde posisie, maar dit is die eerste keer dat hy daar vir sy nuwe unie sal speel.

Mitchell het voorts nog twee veranderings aan sy span gemaak.

JC Janse van Rensburg is terug ná sy enkelbesering. Hy speel loskopstut, met Kevin Buys wat oorskuif na vaskopstut in Ross Geldenhuys se plek. Die kaptein en flank, Franco van der Merwe, word ten koste van David Bulbring as slot ingespan.

Trevor Hall kry ook sy eerste beginkans, as flank, sedert sy terugkeer uit Frankryk.

Mitchell skryf dié veranderings toe aan die behoefte om sterker baldraers in die agttal te hê. Nog ’n interessante keuse was die insluiting van die 20-jarige baljagter Jaco Kriel as plaasvervanger-flank.

Die Leeus se span is:
Jaco Taute, Deon van Rensburg, Waylon Murray, Doppies la Grange, Michael Killian, Elton Jantjies, Jano Vermaak, Warren Whiteley, Trevor Hall, Derick Minnie, Franco van der Merwe (k), George Earle, Kevin Buys, Martin Bezuidenhout, JC Janse van Rensburg.
PLAASVERVANGERS: Edgar Marutlulle, Ross Geldenhuys, David Bulbring, Jaco Kriel, Chris Jonck, Carlos Spencer, Marius Delport.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

BMW

320i
2005
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.