Lancaster bloei vir Engelse en ‘hoop land glimlag’

2012-02-06 22:05

Stuart Lancaster

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

EDINBURG. – Stuart Lancaster het bevestig hy het aansoek gedoen om Engeland se volgende heeltydse rugbyafrigter te word – en dit boonop nadat hy sy passie vir die pos bevestig het deur bloed te stort tydens sy span se Sesnasies-sege Saterdag oor Skotland.

In Lancaster se eerste wedstryd as tussentydse breier het ’n onervare Engelse span sy Sesnasies-veldtog met ’n oorwinning van 13-6 hier op Murrayfield begin.

Lancaster was so opgewonde oor sy losskakel, Charlie Hodgson, se drie vroeg in die tweede helfte, dat hy per ongeluk ’n gloeilamp in die afrigterslosie met sy vuis getref het. Hy het steke vir ’n wond aan sy vinger ontvang.

“My aansoek is ingedien,” het Lancaster gesê. Hy gaan meeding met kandidate wat ’n maatskappy aan die Engelse Rugbyunie aanbeveel het.

“Om die Engelse hoofafrigterspos oor te neem en dadelik ’n eerste oorwinning te behaal, is die beste gevoel wat ek tot nog toe in rugby gehad het.

“Ek het die lig in die plafon raakgeslaan en my vinger oopgesny toe Charlie sy drie druk. Ek het die spandokter ná die wedstryd gevra of ek daarna (die wond) moet laat kyk, toe sit hy vir my twee steke in.”

Lancaster het voorheen die Engelse naasbestes (die Saxons) afgerig, maar toe Martin Johnson as Engelse breier ná die Wêreldbeker-toernooi bedank, is Lancaster voorlopig nader getrek.

Dit het Lancaster met die moeilike taak gelaat om gelyktydig die span se reputasie te probeer herstel, om die span te herbou vir die Wêreldbeker-toernooi in 2015 en om Sesnasies-wedstryde te wen.

Dit alles terwyl hy nie weet of hy ná die Sesnasies-reeks steeds in die pos sal dien nie.

“Daar was ’n verantwoordelikheid en druk om dié soort vertoning te lewer, veral aangesien ons ’n sukkelende spelersgroep oorgeneem het,” het Lancaster gesê.

“Sedert die Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Frankryk was dinge redelik taai vir Engeland.

“Ons het ook nie sedert 2004 hier (Murrayfield) gewen nie en om met ’n sege weg te stap, het hopelik ’n effense glimlag op die mense by die huis se gesigte geplaas.”

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.