Nét vier skrums in Baaise stryd

2012-02-05 21:36

Daar was Saterdag in Port Elizabeth net vier skrums in die kragmeting tussen die Southern Kings en Bulls. Dié was een van hulle.Foto: Michael SheeHan, Gallo Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PORT ELIZABETH. – Die manne met die blomkoolore wat ná rugbywedstryde eerder oor die stryd in die vaste skrums as oor die uitslag gesels, was Saterdag hier stomgeslaan ná die wedstryd tussen die Southern Kings en die Bulls.

Die Bulls het dié vriendskaplike kragmeting in die Nelson Mandelabaai-stadion met 16-12 gewen.

In die hele wedstryd was daar net vier vaste skrums en die eerste een het eers in die 14de minuut van die tweede helfte plaasgevind.

“Dit was baie eienaardig,” het Frans Ludeke, afrigter van die wenspan, gesê.

Hy sou dalk meer skrums wou gesien het, want in een het sy agttal ’n vaskop gehaak.

Dit was ’n ligte verrassing, want verlede seisoen was die Kings se skrumwerk een van hul sterkpunte.

Albei spanne was bra verroes en het baie strafskoppe afgestaan. Dit het daartoe gelei dat die wedstryd nie mooi aan die gang kon kom nie.


Die wedstryd het ’n halfuur laat afgeskop nadat die Bulls se bagasie vir ’n wyle soek was.
“Ons het eers vanoggend (Saterdagoggend) hierheen gevlieg en toe gevind van ons bagasie het agtergebly.

Dit het toe darem aangekom, maar om veilig te speel het ons gevra dat die wedstryd later begin,” het Ludeke gesê.

Volgens hom het sy spelers hulle nie aan dié “kleinigheidjie” gesteur nie.

Dit het ook nie so gelyk nie, want dit was die Bulls wat die beste begin het en 13 van hul 16 punte binne die eerste 15 minute aangeteken het.

Hulle is aangevuur deur ’n hele klompie Bulls-ondersteuners wat trots was op hul span se diepte.

Hoewel dit nie die Bulls se beste span was nie, was daar verskeie puik spelers wat dit nog ver kan bring.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.