Os voorspel meer ‘wettige skrums’

2012-02-06 22:05

BLOEMFONTEIN. – Dit waarop blasers in vanjaar se Super-rugbyreeks in die skrums gaan klem lê, behoort skrumwerk meer mededingend te maak.

Só sê Os du Randt, die Cheetahs se voorspeler-afrigter.

Hoewel skrumreëls nie verander het nie en skeidsregters bloot strenger gaan wees, meen Du Randt daar sal meer wettig geskrum word.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het onlangs aangedui waar die klem in skrums gaan lê.

Voorrye moet dadelik reg inslaan, hul koppe mag nie teen mekaar raak voor dit gedoen word nie en spanne moet op die skeidsregter se roep inslaan.

Daar moet ook reguit geskrum word, stutte moet reg bind en mag nie hul hand op die grond sit nie.

Volgens Du Randt sal dit spanne verhoed om die sogenaamde slingshot-metode te gebruik. Volgens dié metode sal die agtsteman sy slotte terugtrek en vorentoe stoot voordat ingeslaan word.

Dit gee meer momentum vanweë ’n kettie-effek.

Ingevolge die reëls moet al agt spelers staties wees voor ingeslaan word en mag geen beweging vorentoe of sywaarts plaasvind nie.

“Skeidsregters gaan net meer klem lê op spanne wat slingshot. Hulle gaan meer krities wees. Loskoppe sal nou meer hit, maar ’n ou kan nie werklik iets daaraan doen nie. Maar alles sal meer wettig wees,” sê Du Randt.

Die voormalige Bok-skrumdokter is tevrede met hoe die Cheetahs Saterdag teen die Stormers geskrum het.

Craig Joubert, die skeidsregter, het straf- en vryskoppe aan albei spanne toegeken.

“Ek dink die gaping tussen die voorrye was aanvanklik te groot en dit het die inslaan bemoeilik. Ons het in die tweede helfte besluit om die gaping kleiner te maak en toe het dit beter gegaan,” sê Du Randt.

Hy meen die Kapenaars het ’n keer of wat die slingshot-metode gebruik, maar voel die assistent-skeidsregters moet die skeidsregter bystaan om dit raak te sien.

Buiten skrumreëls, gaan blasers ook strenger by die afbreekpunte wees.

Tog meen Naka Drotské, die Cheetahs-hoofafrigter, sy Bok-baljagter Heinrich Brüssow was effektief teen die Stormers.

“Heinrich het vyf keer die bal gesteel en ’n groot invloed gehad.”

Die Cheetahs se sogenaamde B-span speel Vrydag om 15:00 in Pretoria teen hul Bulls-eweknieë, waarna hul voorstes Saterdag om 17:00 in Polokwane ’n Bulls-span pak.

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.