Schalk nie teen Luke; Stormers betrek Duane

2012-02-06 22:05

Duane Vermeulen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

KAAPSTAD. – Daar sal geen konfrontasie tussen Schalk Burger en Luke Watson wees in Saterdag se opwarmwedstryd tussen die Stormers en Southern Kings in Port Elizabeth nie.

Burger, die Stormers-kaptein, het gisteraand die Laureus-toekenningsaand in Londen bygewoon. Hy kan dus nie voor Woensdag oefen nie, en sal dus nie deur die Stormers se breier, Allister Coetzee, vir die Stormers se beginspan oorweeg word nie.

Dis welbekend dat Burger en Watson nie om dieselfde vuur gesit het terwyl laasgenoemde nog by die Westelike Provinsie was nie.

Die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, meen dié vurige losvoorspeler het reeds genoeg in die voorseisoen gedoen om skerp te wees teen die tyd dat die Stormers die Hurricanes op 25 Februarie pak.

“My plan was altyd om seker te maak dat spelers 160 – of ’n minimum van 120 minute – in opwarmwedstryde speel voordat die Super-reeks begin. Schalk sal Woensdag weer by ons aansluit, maar het genoeg minute op die veld deurgebring,” het Coetzee gesê.

Die Stormers-breier sal Duane Vermeulen nou vir die eerste keer vanjaar inspan nadat hy van sy kniebesering herstel het. Vermeulen kan vanjaar moontlik gereeld op die flank speel.

Coetzee gaan hom nie in Burger se afwesigheid daarmee bemoei om ’n spesialis-baljagter op die proef te stel nie.

“Ons wil seker maak dat al ons spelers 120 minute speel. Ek is tevrede met Schalk, maar ons moet Duane nou betrek,” het hy gesê.

“Die kwessie van ’n oopkantflank bekommer my nie. Ek wil hê elke speler naby aan die bal moet goeie besluite neem. Ek wil ons nie tot ’n sekere soort speler beperk nie.

“Ons wen veral met ons aggressiewe verdediging omkeerbesit.”

As Watson vir die Kings speel, sal dit interessant wees om te sien tot watter mate hy die Stormers by die afbreekpunte terroriseer.

Coetzee was tevrede met sy span se dissipline by die afbreekpunte teen die Cheetahs.

“Daar was ’n groot verbetering. Ons het slegs ses strafskoppe op die verdediging afgestaan teenoor die vorige week se 12. Ons het in totaal 12 teen die Cheetahs afgestaan en 20 teen die Lions. Die mikpunt is om dit onder tien te kry.”

Die wedstryd teen die Kings is vir die Stormers van groot belang omdat dit die laaste slypkans voor hul eerste Super-kragmeting met die Hurricanes is.

“Ek wil dié naweek ’n groep kies wat grootliks teen die Hurricanes betrokke sal wees, sodat ons skerp genoeg sal wees.”

Die haker Tiaan Liebenberg en die skrumskakel Dewaldt Duvenage kan straks ook teen die Kings in aksie wees. Hulle het weens beserings nog nie in die voorseisoen gespeel nie.

 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.