Sharks se afrigter goed die hoenders in

2010-03-07 22:21

John Plumtree Foto: Steve Haag

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

JOHANNESBURG

John Plumtree, afrigter van die Sharks se rugbyspan, het gister vuur gespuug oor die Australiese skeidsregter se vertoning in sy span se nederlaag van 21-25 teen die Waratahs in die Super14-reeks.

Plumtree het geen twyfel gelaat nie dat hy glo van John Marks se beslissings sy span Saterdag die wedstryd in Sydney gekos het.

Marks en sy assistent-skeidsregter Stephen Hardy, ’n Aussie wat in Suid-Afrika gebore is, het verkies om die Sharks se pleidooi vir ’n strafdrie in die laaste paar minute van die hand te wys.

’n Aangee van Stefan Terblanche na Ryan­ Kankowski is deur die plaasvervanger-agterspeler Kurtley Beale afgeklap.

Hoewel Beale met ’n geel kaart gestraf is, meen die Sharks dit moes ’n strafdrie gewees het, aangesien Kankowski ’n oop doellyn voor hom gehad het.

“Dit was ’n siniese besluit deur die skeidsregter. Dit moes beslis ’n strafdrie gewees het en dan het ons die wedstryd gewen,” het ’n omgekrapte Plumtree gesê.

Om nog olie op die vuur te gooi, het Marks kort daarna, met die Sharks wat stewig van ’n lynstaan af doellyn toe gedryf het, besluit daar is obstruksie gepleeg.

Dit was net so ’n omstrede beslissing om nie eens te praat nie van die Waratahs se drie wat die televisie-skeidsregter aan die senter Tom Carter toegeken het.

Hy het beslis Carter het wel die bal agter die doellyn gedruk, terwyl dit gewis nie met sekerheid, selfs ná verskeie kykweers, gesien kon word nie.

Plumtree meen ook die Waratahs se kaptein en flank, Phil Waugh, is toegelaat om by die afbreekpunte met moord weg te kom.

“Sy ongeoorloofde spel het dit moeilik vir ons gemaak om aan die gang te kom, maar die skeidsregter het net mooi niks daaraan gedoen nie.”

Hy het darem ook bygevoeg dat basiese foute sy span duur te staan gekom het en hy genoeg kanse gehad het om te wen, maar dit nie benut het nie.

Die Sharks, wat rustyd met 14-18 agter was, het in die tweede helfte veel meer karakter getoon.
 
Puntemakers:

Waratahs 25 (18): Drieë: D­­a­niel Halangahu, Tom Carter, Tatafu Polota-Nau. Doelskoppe: Berrick Barnes (2). Strafskoppe: Barnes (2).­ Sharks 21 (14): Drieë: Ryan Kankowski, Adrian Jacobs. Doelskop: Andy Goode. Strafskoppe: Goode, Ruan Pienaar. Skepdoel: Goode.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

New Business development Sales consultant

Green Point, Cape Town, South Africa
Digicall
Market Related

SENIOR BUYER [AA/EE]

Johannesburg, South Africa
OUTGROW OUTSOURCED TECHNOLOGIES SA
R18000 - R20000

Bookkeeper Mozambique

Beira, Mozambique
Under African Skies Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CITROEN

C2 1.6i VTS 3-dr
2008
R 92,995.00

TOYOTA

Hilux 2400 LWB Dsl MY98
2004
R 95,995.00

FORD

Figo 1.4 Trend 5-dr
2012
R 124,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.