Spies weer vlymskerp

2010-03-09 22:43

Pierre Spies se beseerde knie lol nie meer nie en hy is slaggereed om die Highlanders Saterdag op Loftus Versfeld te pak. Spies het gister sonder moeite saam met die Bulls geoefen. Foto: Deaan Vivier

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

PRETORIA

Pierre Spies is terug as agtsteman vir die Bulls vir Saterdag se Super14-rugbywedstryd teen die Highlanders op Loftus Versfeld.

Spies het die Bulls se vorige wedstryd – teen die Waratahs – weens ’n beseerde knie misgeloop, maar hy pak die suidelikste streekspan uit Nieu-Seeland.

Volgens dié bul-speler kan hy nie wag nie.

“Ja, die ruskans was goed en ek sien baie uit na die wedstryd. Hulle was verlede jaar op hul stukke (hulle het die Bulls met 36-12 geklop) en nou moet ons die rolle omruil.”

Volgens Spies het hulle kennis geneem van die Stormers se oortuigende oorwinning oor die Highlanders verlede Saterdag op Nuweland.

“Ons het beslis ’n paar goed gesien wat ons kan gebruik. Daar was ook goeie dinge uit die eerste paar wedstryde wat ons met ons wil saamneem,” het hy gesê.

Hy gee nie om wie saam met hom in die lostrio is nie.

“My rol bly dieselfde en ek speel lekker saam met al die ander losvoorspelers. Ek is gelukkig om sulke spanmaats in daardie posisie te hê.”

Benewens Spies lyk dit ook of Dewald Potgieter weer as seweflank sal terugkeer, met Danie Rossouw wat slot gaan speel in Flip van der Merwe se plek.

Van der Merwe behoort saam met Pedrie Wannenburg as plaasvervangers gekies te word.

Deon Stegmann kan weer op die bank sit, met Derick Kuün wat die tweede agtereenvolgende week die baljagter gaan wees.

Dit wil lyk of die Bulls-afrigter, Frans Ludeke, die Highlanders met vyf voorspeler-plaasvervangers wil aandurf, met Heini Adams wat as plaasvervanger wegval.

Francois Hougaard sal dan die plaasvervanger-skrumskakel wees.

Hougaard het juis Maandag in Fourie du Preez se plek geoefen toe dié weens ’n seer enkel nie aan die middagsessie deelgeneem het nie.

“Ja, dit was ’n goeie kans wat ons kon benut om Francois bietjie blootstelling daar te gee,” het Ludeke gesê.

“Ons het drie baie goeie skrumskakels en dit gaan maar partykeer moeilik om almal in te pas.

“Toe Fourie uitsit, was dit ’n uitstekende kans om Francois ’n goeie kans in daardie posisie te gee.”

Agterlangs behoort Ludeke met dieselfde begin-sewe te volhard. Jaco Pretorius is nog buite aksie met sy bobeen-besering en dit gee Stephan Dippenaar nog ’n kans om die nr.13-trui te dra.

Intussen het die Bulls se verdedigingsafrigter, John McFarland, gesê die Bulls moes noodgedwonge hul verdedigingslinies opskerp.

“Spanne wil nie meer in skopstryde met ons betrokke raak nie. Verlede seisoen het hulle probeer terugskop as ons takties met die voet aangeval het.

“Maar hulle besef dit is nie iets wat jy sommer kan wen nie, want ouens soos Fourie du Preez, Morné Steyn en Zane Kirchner is van die beste skoppers in die wêreld.

“Ons wil elke week beter verdedig en dinge is nie so goed soos ons dit graag wil sien nie. Daarom werk ons hard.”

Volgens hom durf die Highlanders nie onderskat word nie. “Hulle het ’n paar spelbrekers en ons het nie vergeet dat hulle ons verlede seisoen ’n goeie loesing gegee het nie.”  

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Comfortline Dsl MY06
2006
R 199,595.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

ISUZU

KB300 TDi D-Cab LX Dsl MY04
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.