Super-spanne moet ligloop vir dié Sharks

2012-02-10 21:43

Die Sharks se rugbyspan kan hierdie seisoen seer byt in die Super-reeks.

Dit het hulle gisteraand hier op Kingspark gewys in hul sege met 62-0 oor die Boland-Kavaliers.

Sommer vanuit die staanspoor in hul eerste oefenwedstryd van die seisoen het die Sharks die pap dik aangemaak en gewys hulle kan brute krag met finesse afwissel.

Moet ook nie sommer net dink dit was ’n klomp paloekas teen wie hulle gespeel het nie.

Allermins. Anders as wat die telling aandui, het die Bolanders goeie rekenskap van hulself gegee en behalwe vir stewige verdediging, het hulle die kere wat hulle besit gekry het, met mening aangeval.

Hulle het nie teruggedeins vir die groot name van die tuisspan nie.

Jy kon duidelik sien hoekom hulle verlede seisoen die wenners van die Eerste Liga was en die ouens in die Oos-Kaap sal nou nie daarvan hou nie, maar Loffie Eloff se manne daar uit die wynlande kan waarskynlik selfs meer aanspraak daarop maak om in beter geselskap te speel as die OP Kings.

Selfs nie eens ’n stewige reënbui wat voor die wedstryd uitgesak het en ’n koue windjie kon die Sharks se spoed breek nie.

Hulle het vanaf die fluitjie die eerste keer geblaas het, teen ’n baie vinnige tempo gespeel.

Met hul agttal oorheersend het hulle sterk aangeval en die hardnekkige Boland-verdediging het in die 18de minuut skietgegee toe die nuweling-heelagter, Riaan Viljoen, oor is nadat Bismarck du Plessis ’n vinnige tikskoppie ná ’n strafskop geneem het.

Nie lank daarna nie het Du Plessis – wat soos die sterke derduiwel wat hy is soms vier, vyf verdedigers wat aan hom gehang het saamgesleep het – oorgeduik.

Viljoen het gewys spanne wat die bal in sy keelgat gaan afskop, duur sal betaal, want hy is lus vir hardloop.

Hy het juis die aanvoorwerk gedoen vir JP Pietersen se drie met ’n lopie langs die kantlyn af. Pietersen was weer kookwater op buitesenter en het met sy kraglopies indruk gemaak. Hy het ook die heeltyd werk gesoek en die nr. 13-trui pas hom soos ’n handskoen.

Net voor rustyd het die skeidsregter, Craig Joubert, die Boland-senter, Siviwe Magaba, met ’n rooi kaart gestraf vir ’n boorvat op Patrick Lambie.

Frederic Michalak was ook flink op skrumskakel en het die bal telkens vinnig weggekry na sy agterlyn. Hy het ook nie geskroom om wanneer ’n gaping hom voorgedoen het, daardeur te probeer dartel nie. Hy was skitterend met twee puik aangeë in die beweging wat tot Lwazi Mvovo se drie gelei het.

Ná rustyd is heelwat veranderinge aangebring, maar dit het nie die Sharks se ritme verskeur nie.

Met Du Plessis aan die spits het hulle die Bolanders voorlangs in die grond in gespeel en gewys dat die diepte wat daar in die span is, hierdie seisoen een van sy groot bates gaan wees.

- Puntemakers:
Sharks 62 (21): Drieë: Riaan Viljoen, Bismarck du Plessis, JP Pietersen, Sbura Sithole, Lwazi Mvovo, Marcell Coetzee (2), Paul Jordaan, Lubabalo Mtembu (2). Doelskoppe: Patrick Lambie (4), Meyer Bosman (2).
Boland 0 (0).

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.