Super14-spelers gee Vodacombeker-spanne skop

2010-03-07 22:21

Andries Strauss het Saterdag in Kaapstad gewys die Sharks begaan ’n groot fout deur hom nie op Super14-vlak te kies nie. Strauss het as binnesenter goeie rekenskap van homself in die Sharks-vyftiental se Vodacombeker-wedstryd teen die Westelike Provi

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BLOEMFONTEIN

Die ervaring van Super14-spelers het ’n groot sê in die uitslae van Saterdag se Vodacombeker-rugbywedstryde gehad.
 
In Kaapstad het die Westelike Provinsie se Stormers-losskakel, Willem de Waal, sy span met ’n persoonlike bydrae van 16 punte tot ’n oorwinning van 26-23 oor die Sharks-vyftiental geskop.

Die WP het dié sege ook aan goeie verdediging te danke.

Puntemakers:

Westelike Provinsie 26: Drieë: Jurgens Visser, Yaya Hartzenberg. Doelskoppe: Willem de Waal (2). Strafdoele: De Waal (4). Sharks-vyftiental 23: Drieë: Justin Downey, Jerome Pretorius. Doelskoppe: Jacques Venter, Ross Cronjé. Strafdoele: Venter (3).

In Nigel het die Lions se skrumskakel Chris Jonck 14 van die Leeus se punte in hul sege van 34-13 oor die Valke behaal. Ander Super14-spelers soos Jannie Boshoff (vleuel/senter) tel ook tussen die puntemakers.

Puntemakers:

Leeus 34: Drieë: Chris Jonck, Johan van Deventer, Justin Wheeler, Wigan Pekeur, Jannie Boshoff. Doelskoppe: Ruan Boshoff, Jonck (2). Strafdoele: Boshoff. Valke 13: Drie: Nico Engelbrecht. Doelskop: Jacques George. Strafdoele: Deon Anderson (2).

Skipper Badenhorst, ’n voormalige haker van die Sharks, het hier twee drieë in die Vrystaat se sege van 37-29 oor die Boland gedruk.

Die Vrystaters sal beslis ’n bestendige skopper moet vind. Sias Ebersohn (losskakel), George Whitehead (heelagter) en Louis Strydom (plaasvervanger-losskakel) het tussen hulle met vier strafskoppe en twee doelskoppe misluk.

Daarteenoor het die Bolanders se losskakel, Dean Grant, sy teenstanders ’n skoples gegee en 19 punte aangeteken, berig Jóhann Thormáhlen.

Puntemakers:

Vrystaat 37: Drieë: Ashley Johnson, Skipper Badenhorst (2), Rudi Mathee. Doelskop: George Whitehead. Strafdoele: Whitehead (3), Louis Strydom (2). Boland 29: Drieë: PJ Vermeulen, Jaquin Jansen. Doelskoppe: Dean Grant (2). Strafdoele: Grant (5).

David Maidza, breier van die Bulldogs, sê Chumani Booi kan nie vir die nederlaag teen die Oostelike Provinsie in Queenstown verkwalik word nie, berig Michael Green.

Booi het met ’n strafskop misluk en die OP-Olifante het met 34-32 geseëvier.

Die OP kan deur die oud-WP-losvoorspeler Pietie Ferreira en gewese Cheetahs-flank Darron Nel versterk word.

?Puntemakers:

Olifante 34: Drieë: Justin Peach, Howard Noble (2), Pumlani Nodikita, Marlon Lewis. Doelskoppe: Peach (3). Strafdoel: Peach. Bulldogs 32: Drieë: Thembani Mkokeli, Andisa Gqobo (2), Siyabonga Tshemese. Doelskoppe: Chumani Booi (3). Strafdoele: Booi (2).

Ná twee rondes is die Leeus met 9 punte die vroeë voorloper in die Noordelike afdeling. Die Leeus word deur die Blou Bulle (9), Luiperds (7), Griekwas (6), Griffons (6), Pumas (5), Valke (0) en Welwitschias (0) gevolg.

Die Vrystaat is met 10 punte die voorloper in die Suidelike afdeling, gevolg deur die OP (7), Sharks-vyftiental (6), Boland (5), WP (4), Pampas (3), Grens (2) en die Suidwestelike Distrikte (0).

Die Pampas en SWD is die enigste spanne wat nog net een wedstryd gespeel het.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SENIOR BUYER [AA/EE]

Johannesburg, South Africa
OUTGROW OUTSOURCED TECHNOLOGIES SA
R18000 - R20000

Bookkeeper Mozambique

Beira, Mozambique
Under African Skies Recruitment
Market Related

Legal Counsel

Randburg, South Africa
MultiChoice Africa
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2006
R 185,500.00

JEEP

Cherokee Country 4.0i 4x4 AT
1999
R 49,990.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.