Verdoemende Bok-klag

2010-09-05 22:25

’n Gesig wat Springbok-ondersteuners nie wou sien nie. Die Wallabies se vreugde ken geen perke nie nadat Kurtley Beale in die doodsnikke die wenstrafdoel in dié Drienasies-toets behaal het terwyl ’n verpletterde Bok-kaptein, John Smit, toekyk.Foto’s:

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

BLOEMFONTEIN

Laaste, eerste, laaste.

Dít is die Drienasies-rekord van die Springbok-rugbyspan onder sy breier, Peter de Villiers, en beslis nie een waarop hy óf die span trots kan wees nie.

Trouens, dié vertonings deur die Bokke in die afgelope twee maande was sekerlik die swakste in ’n lang tyd en het selfs die gru-seisoen van 2006 in die skadu gestel.

Waar dié span in 2008, toe hy ook laaste op die puntelys was, ’n geskiedkundige oorwinning in Dunedin en ’n rekordsege oor die Wallabies behaal het, was die 2010-veldtog van meet af aan tot mislukking gedoem.

Hy het nie een sege op die toer in Nieu-Seeland en Australië behaal nie.

Dáár het ongedissiplineerde spel tot vier geelkaarte en drie skorsings gelei.

En hoewel beter gespeel is in die plaaslike wedstryde van die reeks het die span nooit van die letsels van veral Eden Park en Brisbane­ herstel nie.

Vanjaar sal veral vir die skokkende verdediging deur die Bokke onthou word.

Hulle was die bonuspunt-melkkoeie in die reeks en het in net een wedstryd nié bonuspunte afgestaan nie.

Die 22 drieë wat die span weggegee het, is die meeste nog in die reeks.

Hoewel De Villiers Saterdagaand hier halsstarrig was oor ’n moontlike aanstelling van ’n verdedigingsafrigter, kan dit nie langer uitgestel word nie – veral nie as die afrigter sy pos wil behou nie.

“Karakter is die belangrikste aspek van verdediging en dié span hét karakter,” het De Villiers gesê.

Die 22 drieë is ’n verdoemde klag teen daardie aansprake van karakter, as dit die breier se vernaamste verweer is.

Die lede van sy bestuurspan en hul bydrae moet ook onder die loep geneem word.

Die insluiting van Os du Randt as skrumdokter was ’n geslaagde en positiewe stap, maar Dick Muir en Gary Gold se bydraes was nie so opsigtelik nie.

Trouens, as na die Bok-kaptein, John Smit, se opsomming oor die 2010-veldtog geluister word, het geen van die afrigters hul ruim salaris verdien nie.

“Ons is nie tans goed genoeg nie en daar wag harde werk,” het hy gesê.

Die kaptein se spelpeil was wisselvallig, maar nie naastenby so erg soos die van die puntemasjien-vleuel Bryan Habana nie.

Daar was darem ligpunte ook. Morné Steyn is met 77 punte die voorste puntemaker in die reeks.

Gurthrö Steenkamp was die voorste driedrukker en het drie keer die Wallabies se lyn oorgesteek.

Hy was waarskynlik die Bokke se beste speler in die reeks.

Die insluiting van Francois Hougaard behoort darem vir De Villiers ’n klop op die skouer te verdien.




 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.