Vrystaat pak bank met Bokke

2010-07-29 22:38

BLOEMFONTEIN

Die afrigter van die Vrystaat, Naka Drotské, sê sy plaasvervangersbank is met drie Springbokke – die stut CJ van der Linde, die flank Kabamba Floors en die senter Meyer Bosman – die sterkste sedert 2007.

Die ses Springbokke wat môre hier as plaasvervangers langs die kantlyn sit, sal volgens hom ’n groot invloed op die uitslag van die Curriebeker-rugbywedstryd tussen die Vrystaat en die Haaie hê.

Met die stut Beast Mtawarira, die flank Jean Deysel en die skrumskakel Ruan Pienaar is die Haaie se bank self gelaai met Bokke en kan die uitslag tot in die laaste paar sekondes in die weegskaal wees.

“?’n Plaasvervangersbank met ware spelbrekers was sedert 2007 dalk ’n tekortkoming in ons mondering,” sê Drotské.

“Maar verlede naweek teen die Blou Bulle het ons bank werklik groot impak gemaak en ek verwag môre dieselfde in die tweede helfte wat intensiteit betref.

“Almal weet hoe eksplosief CJ as ’n baldraer is en almal ken vir Kabamba.

“Meyer kan ’n ewe groot invloed hê.”

Baie is môre vir Van der Linde en Mtawarira op die spel, aangesien albei die Bok-keurders wil oortuig dat hulle onderskeidelik die nr. 1- en nr. 3-trui op 21 Augustus teen die Wallabies op Soccer City moet dra.

Van der Linde was in die laaste Drienasies-toets teen die Wallabies in aksie, terwyl Mtawarira verroes is en enige speelkans sal verwelkom.

Drotské glo die skrumskakel Tertius Carse en die losskakel Sias Ebersohn sal, soos teen die Blou Bulle, weer ’n groot impak maak.

Ebersohn bevind hom ná sy goeie vertoning teen die Ligbloues steeds op die bank, aangesien Louis Strydom se betroubare skopskoen verseker dat hy die nr. 10-trui dra.

Strydom se suksessyfer met sy stelskopwerk op die oefenveld is nogal heelwat beter as Ebersohn s’n.

Strydom kry ook nie die erkenning vir sy goeie taktiese skopwerk in die seges oor Griekwaland-Wes en die Blou Bulle nie.

Carse sit ook weens sy skopwerk op die bank, met Tewis de Bruyn wat ’n beter skopper is.

Maar soos hulle teen die Ligbloues bewys het, is Carse en Ebersohn op hul gevaarlikste wanneer die Cheetahs in die laaste paar minute die “boeie ­afskud” en die bal behoorlik lug gee.

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Service Line Manager: Water

Gauteng
Master Career Consulting

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...