Mpumalanga: Vasbyter oorwin kanker

2012-01-27 06:00

Megan Mey (14) en haar broer en held, Ruan (10). Hy het vir sy suster beenmurg geskenk nadat aggressiewe kanker in gr. 7 by haar gediagnoseer is. Die HTS Middelburg het haar as een van sy vasbyters van die jaar aangewys. Foto: Aletta Otto

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Middelburg. – Megan Mey (14) is ’n vasbyter.

Selfs nadat akute limfatiese leukemie twee jaar gelede by haar gediagnoseer is, het sy positief gebly. Sy was toe in gr. 7 by die Laerskool Dennesig, waar sy die hoofmeisie was.

Haar siekte is nou bykans ’n jaar in remissie en sy is vanjaar as een van die HTS Middelburg se vasbyters van die jaar aangewys.

Die kwaadaardige kanker in haar limfkliere is kort ná haar 13de verjaardag by Megan gediag-noseer.
 
“Ek het eers die knop onder my ken gekry. Dit was nie seer nie,” vertel sy.

Plaaslike dokters kon nie vasstel wat is fout nie. ’n Week later het die knoppe na haar kop, ore en arms versprei.

Weer het die dokters gedink dit is nie ernstig nie omdat sy geen pyn ervaar het nie. Sy is met antibiotika behandel.

Megan se ma, me. Corné Mey, het toe besluit om eerder nog ’n mening te kry.

Sy het Megan na verskeie spe- sialiste in Pretoria geneem.

’n Biopsie is gedoen en die aggressiefste soort kwaadaardige kanker is by Megan gediagnoseer.

Die kanker het toe reeds van die kliere na haar bloed, bene en beenmurg versprei.

Sy is dadelik in die hospitaal opgeneem waar sy twee weke lank verskillende soorte chemo- terapie, bloed- en plaatjie-oortappings ondergaan het.

Sy is toe huis toe waar die chemoterapie twee keer per week gedoen is.

Ná die eerste siklus behandeling was daar nog kankerselle teenwoordig en Megan is nog sterker chemoterapie toegedien en sy het vir ’n week bestraling gekry.

Haar kanker was só aggressief dat sy die maksimum bestraling vir ’n leeftyd in een week gekry het.

Intussen is Megan se gesin meegedeel dat sy ’n beenmurg-oorplanting moes kry.

Haar broer, Ruan (toe 9), was ’n geskikte skenker en baie gewillig om haar te help. Skenkers moet eintlik 18 jaar oud wees, maar daar was geen ander keuse nie.

Op 12 November 2010 is die beenmurgoorplanting gedoen.

Dokters het 550 ml van Ruan se beenmurg onttrek en oor ’n tydperk van sowat vyf en ’n halwe uur in Megan oorgeplant.

Sy is later huis toe gestuur waar sy verder in isolasie aangesterk het.

Toe die nuwe skooljaar verlede jaar begin, moes Megan maar tuis kennis maak met haar gr. 8-skoolwerk.

Haar ma het daagliks haar werk by die skool gaan haal sodat Megan dit tuis kon voltooi.

Dié moedige kind het selfs ná ’n uitmergelende chemoterapiesessie by die huis gekom en dan nog vir Ruan met sy huiswerk gehelp.

Megan is eers weer in Maart verlede jaar skool toe.

“Dit voel so onwerklik as ek terugdink. Ek kan nie dink dat ek so siek was nie,” vertel sy.

Megan fokus nou hard op haar akademie en beoog om weer aan sport deel te neem.

“Vandag is al wat jy het. Ek glo ’n mens moet ’n sukses daarvan maak,” sê sy.


 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.