Oos-Rand: Beste jong boer van Nigel

2009-11-25 06:36
Tony da Costa van Nigel aan die Oos-Rand is vanjaa

Tony da Costa van Nigel aan die Oos-Rand is vanjaar aangewys as Suid-Afrika se Toyota SA/Agri jong boer van die jaar.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Suid-Afrika se beste jong boer woel aan die Oos-Rand.

Tony da Costa, ’n boer van Nigel, is vroeër die maand aangewys as vanjaar se Toyota SA/Agri jong boer van die jaar.

Tony was een van nege provinsiale finaliste in die kompetisie, wat reeds die afgelope ses jaar aangebied word.

Marius Vorster, adjunkpresident van bemarkingskommunikasie en beplanning by Toyota Suid-Afrika, het namens die borg prysgeld van R100 000 aan Tony oorhandig.

“Toyota geniet volgehoue steun uit die landbousektor.

Ons borgskap van die jong boer van die jaar-wedstryd laat ons toe om vir die sektor ons waardering vir hul ondersteuning te wys en om erkenning te gee aan die kritieke rol wat boerdery vervul.

“Die markleierskap wat Toyota oor die afgelope 29 jaar geniet het, is moontlik gemaak deur die ondersteuning van die plaasgemeenskap,” sê Marius.

Prof. Carlu van der Westhuizen was die voorsitter van die nasionale beoordelaarspaneel wat gehelp het om die wenner aan te wys.

“Die jong boer van die jaar-wedstryd se doel is om erkenning te gee aan die noodsaaklike rol wat jong boere vervul en om hulle te inspireer om innoverende plaaspraktyke wat volhoubaar en produktief is, te ondersoek.

Ons provinsiale finaliste was almal verdienstelike wenners.

Hulle is uitstekende jong boere,” sê hy.

Tony is verantwoordelik vir die beplanning, implementering en beheerfunksies van Manjoh, ’n boerdery wat bestaan uit ’n voerkraal, ’n beesstoet, mielie- en aartappelproduksie.

Hy bestuur ook die landerye se wisselboustelsel en die voerkraal met ’n kapasiteit van 22 000 vee op ’n ekonomies volhoubare manier.

Die fokus val op die koop van volhoubare diere, ’n goeie dieet en siektebeheer en die doeltreffende bemarking van die eindprodukte.

Volgens die beoordelaars bestuur hy sy Beefmaster-stoet op ’n bogemiddelde wyse, terwyl sy wisselboustelsel wat bestaan uit mielies, droë bone, sojabone, suikerbone en bewerkte weiveld “met perfeksie beplan en uitgevoer” word.

Hy blink uit op die gebied van landbouproduksie, bemarking, finansiële en personeelbestuur en sy besluitnemingsproses sluit alle relevante biologiese, ekonomiese en sosiaal ekonomiese faktore in, sowel as die deurlopende aspek van veranderende klimaatstoestande.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 129,900.00

VOLKSWAGEN

CC 2.0 TDi Highline Dsl DSG
2011
R 306,874.00

TOYOTA

Avanza 1.3 SX MPV
2011
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.