Oos-Rand: Koor, kinders gee haar lewe rigting

2012-01-25 12:44

Om te sing, te dans en te speel is bo-aan me. Mpho Tsotetsi (20) se lysie van die dinge wat kleur aan haar lewe gee.
 
Tsotetsi, wat in Vosloorus woon, is die afgelope ses jaar lid van die Mzansi-jeugkoor en is tans die koor se hoogste sopraan.

By die stigting van die Mzansi-kinderkoor in Februarie verlede jaar was dit nie vir die koorbestuur moeilik om te besluit wie die een sal wees wat vir dié 30 kinders se welsyn verantwoordelik moet wees nie.

Sedertdien maak Tsotetsi onder meer seker dat die kinders, wat tussen 7 en 12 jaar oud is, se magies vol is, hulle ná kooraktiwiteite veilig by die huis kom en dat hul koorklere reg is vir optredes.
 
Tsotetsi sê mense dink sy is self net 14 jaar oud. Met haar energieke, speelse geaardheid is dit vir haar moeilik om stil te sit.

Daar was egter ’n tyd dat die lewe vir haar baie moeilik was, vertel sy. In haar matriekjaar het depressie haar platgetrek. Moeilike huislike omstandighede en slegte vooruitsigte vir haar toekoms het daartoe gelei dat sy byna haar eie lewe geneem het.

Gedurende die weke daarna in die hospitaal is dit veral gebed en die ondersteuning van vriende wat haar deurgedra het, sê sy.

En die koor.

“Die koor het my gehelp om weer op te staan. Ek het myself gevind en weer begin léwe.”

Lede van die koorbestuur het Tsotetsi gehelp met aanlegtoetse en dit het gelei tot haar aanstelling as organiseerder van die kinderkoor.

“Sy is fantasties met die kinders,” sê dr. Jannie Zaaiman, koorbestuurder.

Tsotetsi sê om met die kinders te werk kom natuurlik. “Dit is nie vir my moeilik nie. Dis my gawe.”

Vriende van die koor in Alberton het Tsotetsi gehelp om by Intec in te skryf, waar sy sedert 2011 besig is met haar studies in vroeë kinderontwikkeling en dagsorg. Wanneer sy nie met die koor besig is nie, help sy graag uit by dagsorgsentrums.

Tsotetsi sê die koor is vir koorlede meer as net om te sing. “Ons is soos ’n familie. Ek wil nie dink aan die dag wanneer ek die koor moet groet nie. Wie ek vandag is, is ek aan die koor te danke,” sê sy.

Die jeugkoor, wat uit 53 lede tussen 14 en 24 jaar bestaan, het in Augustus ’n toer na Kanada onderneem.

“Dit was soos ’n droom wat waar geword het,” sê Tsotetsi. Die koor se CD-verkope het tydens die toer deur die dak geskiet en hulle is by optredes staande toegejuig.

“Dit beteken baie om te weet dat mens iets in jou het wat ander mense gelukkig kan laat voel,” sê sy. “’n Mens besef dit wanneer jy mense se reaksie op die musiek sien. Partykeer begin iemand huil of hulle begin saam sing en dans.”

Besoek www.mychoir.co.za vir meer inligting.


Me. Mpho Tsotetsi by die Mzansi-kinderkoor.
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.