Tshwane: Inwoners veg vir erfenisskat

2012-02-01 06:00

’n Handvol inwoners van ’n spoggerige Pretoriase woonstelgebou van weleer is vasberade om te keer dat dié erfenisskat van sy karakter gestroop word.

Die beheeragent MidCity het die huurders van Clarendonhof, ’n woonstelgebou wat in 1929 digby die Uniegebou in Eastwoodstraat gebou is, verlede maand in kennis gestel dat die woonstelle eersdaags herstel en opgegradeer gaan word.

Die inwoners moet teen nie later nie as 31 Maart uit hul woonstelle wees.

Die huurders vat die kennisgewing met ’n knippie sout en voer aan MidCity wil hulle bloot uitskop sodat dit aan ander “slagoffers” verhuur kan word.

Mnr. Mark Kannemeyer, ’n Pretoriase kunstenaar en seun van wyle prof. J.C. Kannemeyer, sê hulle sukkel al lank om MidCity sover te kry om die vervalle woonstelle te onderhou en te beveilig.

Kannemeyer, ’n inwoner van Clarendonhof, wil weet waarom die huurders se huurooreenkomste beëindig moet word.

“Ons het verlief geraak op die plek, maar voel afgerem oor die situasie.

“Die woonstelle val uitmekaar en verloor hul karakter stelselmatig. Ons is nie oortuig dat MidCity van plan is om dit te herstel nie. Hulle wil dit waarskynlik aan ander slagoffers verhuur.”

Mnr. Avril Paterson, nóg ’n inwoner, sê geen instandhoudingswerk is die afgelope ses jaar by Clarendonhof gedoen nie.

Kannemeyer-hulle verwelkom die plan om Clarendonhof te herstel, maar meen dit is nie nodig dat hul huurooreenkomste beëindig word nie.

“Ons gaan alles moontlik doen om die woonstelle te beskerm,” sê Kannemeyer.

Mnr. Anton Jansen, hoofbeampte van die Tshwane Geboue-erfenisvereniging, sê wetgewing beskerm die woonstelle omdat dit ouer as 60 jaar is.

Voordat die beplande herstelprojek kan begin, sal goedkeuring volgens hom eers van die Gautengse provinsiale erfenisraad (PHRAG) verkry moet word.

MidCity sê hy is nie verantwoordelik vir die “beweerde” agteruitgang van die woonstelle nie.

Mnr. Des Reed, ’n direkteur van MidCity, sê die omvang van die opgradering sal bepaal word nadat die woonstelle ontruim is.

“Geen veranderings aan die struktuur word voorsien nie en geen toestemming (by PHRAG) is dus nodig nie,” sê Reed.

Jansen sê die eienaars móét PHRAG in kennis stel wat die opknappingswerk behels.

“Jy moet baie versigtig wees. Selfs die verkeerde kleur verf kan afbreuk doen aan die woonstelle se karakter.”
 

Mnr. Mark Kannemeyer, ’n inwoner van Clarendonhof, voor dié gebou, wat in 1929 in Eastwoodstraat gebou is. Die inwoners is vies omdat hulle moet uittrek sodat herstelwerk gedoen kan word. Foto: Alet Pretorius

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.