Tshwane: UP-Tuks is reg, lus vir UJ

2012-02-01 06:00

“Ons is reg vir UJ!” is wat UP-Tuks se Nqubeko Zulu, Jono Ross en Sabelo Nhlapo se lyftaal hier verklap aan die vooraand van die 2011-naaswenners se eerste wedstryd in die Varsitybeker-reeks van 2012. Dit is Maandag om 19:00 teen UJ in die TuksRugby-

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar is ’n beduidende verskil tussen respek en vrees.

Die afrigters van sowel UP-Tuks as TUT, die Blou Bulle se verteenwoordigers in die Varsitybeker-reeks, sal dié rugbywaarheid aan hul onderskeie spanne voorhou in die aanloop tot die eerste wedstryde in die 2012-reeks.

UP-Tuks speel Maandag tuis teen UJ, terwyl TUT in Stellenbosch teen die Maties te staan kom.

Deon Boardman, TUT se afrigter, meen “dit is altyd ’n reusagtige eer en voorreg om teen Maties op Coetzenburg te speel waar jy as besoeker deur dekades se tradisie en kultuur oorweldig kan word”.

“Ons het baie respek vir die Maties en dit wat hulle verteenwoordig, maar ons is nie bang vir hulle nie. Ons glo in onsself en die doel wat ons in 2012 nastreef. Ons gaan nie Stellenbosch toe bloot om ons eerste afspraak agter die rug te kry nie; ons gaan soontoe om na die beste van ons vermoë te kompeteer. Ons is nie meer die Kersvader van Varsitybeker-rugby nie.”

Boardman is egter bekommerd dat sy span weens ’n gebrek aan oefenwedstryde dalk nie skerp genoeg sal wees nie. TUT sou die afgelope Saterdag teen Benoni in ’n opwarmingswedstryd speel, maar die Oos-Randers het Vrydagmiddag laat weet dat hulle eerste span koue voete gekry het.

UP-Tuks se afrigter, Nollis Marais, sê dit pas hom en sy spelers dat UJ die oorwegende gunsteling is.

“Ek verkies dit dat ons die naasgunstelinge is, maar dié status beteken nie dat ons vir UJ sal terugstaan nie. Alles dui daarop dat die stadion stampvol sal wees (14 000 toeskouers), wat ’n gelaaide atmosfeer sal verseker. Uiteindelik sal dit gaan om watter span die druk die beste gaan verwerk. En hier dra UJ soveel swaarder omdat hy by die meeste kenners die gunsteling is om die pyp in 2012 te rook,” meen Marais.

Marais en sy eweknie by UJ, Hugo van As, het albei verlede week die kans gehad om te bepaal hoe groot die taak is wat Maandag wag. Marais was in Johannesburg toe UJ in ’n opwarmingswedstryd teen die Pukke gespeel het en Van As die afgelope Saterdag onder die toeskouers by die wedstryd tussen UP-Tuks en Naka-Bulle.

Toe hy gevra is om kommentaar oor die wedstryd tussen UJ en Pukke te lewer, het Marais geantwoord albei spanne hou daarvan om die bal lug te gee en dat jy nie teen een van hulle sal kan bekostig om besit prys te gee nie.

UP-Tuks se grootste uitdaging teen UJ sal egter wees om te sien tot watter mate die tuisspan se agttal sy man kan staan.

“UJ het ’n gedugte agttal en juis daarom was die wedstryd teen Naka, met sy sterk, aggressiewe en groot voorspelers, net die regte medisyne.

“Ek was baie beïndruk met hoe ons hulle dryf- en maalbewegings keer op keer voor die doellyn gestuit het,” het Marais opgemerk.

Marais en Boardman sal hulle 23-talle môre bekend maak.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Nippy. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.