Wes Beeld: Sunshine groter en sterker

2012-02-09 23:26

Wat is dit, kleinding? Lady, ’n kameelperdkoei van die Heia Safari-wildreservaat in Muldersdrift, deel ’n spesiale oomblik met haar kalfie, Sunshine. Foto: CORNÉL VAN HEERDEN

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Een van die Wes-Rand se jongste inwonertjies, die kameelperdkalfie Sunshine, wat môre twee weke oud is, is ’n fris meisiekind wat lyk of sy baie tevrede met die wêreld is.

Me. Gaby Burgmer, eienares van die Heia Safari-wildreservaat in Muldersdrift, sê Sunshine se lang kameelperdbeentjies word by die dag net sterker.

Sunshine is die jongste kalf van die kameelperdkoei Lady en die kameelperdbul Big Boy.

Dié jongste aankomeling van die familie in die reservaat het ook ’n broer, Sonnyboy, en ’n sussie, Princess.

Sunshine is 13 dae gelede kort ná dagbreek in die veld naby die Erfenismeer gebore.

Sy is Sunshine genoem omdat mnr. Paul Schulte, die landgoedbestuurder, op haar afgekom het net mooi toe die eerste sonstrale oor die Swartkop-bergreeks in die Wieg van die Mensdom geskyn het.

Sunshine se ma was 15 maande lank dragtig en Sunshine was by geboorte 2 m lank en het 80 kg geweeg.

Vandag is Sunshine sterker en word haar groei beskermend deur haar kameelperdfamilie dopgehou.

“Sy is meer ontspanne en nie meer so gespanne as sy mense of motors hoor nie. Sy pas maklik in die omgewing aan, al beweeg haar ma by tye vir ’n wyle van haar af weg,” sê Burgmer.

“Dit is natuurlike instink wat haar so vinnig op haar voete dwing.

“Sy moet vol selfvertroue wees om aanvalle af te weer. Jy word gebore, staan op, loop en dan ... moet jy hardloop.”

Sunshine soek steeds ’n veilige skuiling onder haar ma se lyf of tussen haar bene.

Met die warm seisoen word sy baie honger, vertel Burgmer, en Lady moet Sunshine dus ’n hele paar keer per dag voed.

“Lady is baie beskermend teenoor Sunshine ... soos net ’n ma maar eintlik kan wees.”


Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.